1 Sept 2014 : Bermuda
Gisteraand se uiteet by Teppenyaki was toe n deurmekaar
storie want net toe ons 21h00 wou gaan toe is daar weer n noodgeval!! Almal
mooi aangetrek en reg vir die groot eet,5 van ons is toe weg na die restaurant
maar natuurlik moes liefie en 1 van die verpleegsters agterbly om die situasie
uit te sorteer.
Wel ons is toe weg ,eers warm gesoute groen bone!!,toe
sop,dan seegras slaai!! Hoofgereg was yslike groot prawns en steak vir my,kreef
en calamari vir liefie,bestel.Nagereg was vars vrugte of groen tee koek en
roomys.Behalwe vir die seekos en steak is die ander kos vreemd,nie my eerste
keuse nie.
Die ambulans moes toe die 85jr ou Russiese oom kom haal en
die is toe tierkwaai en moelik,vloek glo vir hulle uitmekaar.Moes lag vir
Liefie se aanmerking, dat hy dink nie so n gevloek is is n goeie ding vir
iemand wat 85 en siek is nie, kan dalk net teen jou tel!!! as jy dit nie maak
nie!! Toe hy sekuriteit vra wat die
vertaal werk moet doen, wat ou oom se, toe se hy nee is beter dat jy nie
verstaan nie want hy kan nie die woorde herhaal nie,so die stomme ou oom was
omgekrap!! Kan my net indink die kombinasie van 85jr oud wees,n paar vodkas
agter die blad,jy val ,is reeds omgekrap en nou wil hulle jou nog hospital toe
stuur,resep vir moeilikheid.!!
Wel ons het toe klaar geeet en die 2 tjies het toe nooit
opgedaag vir hulle ete nie so hulle moes tevrede wees met n doggiebag .Het
fotos geneem en sal vir julle op blog sit.Ek is toe naderhand bed toe maar
mediese span heel nag op en af met allerhande goed.
Vanoggend n pragtige sonskyn dag maar wolke lyk asof daar
dalk weer reen later sal wees.Het n foto uit die eetkamer geneem van die see en
die wolke,pragtig.In eetsaal was die dierbaarste ou seuntji met sy rooi
karretji en dit het hom heel ete besig gehou,gespeel
,gepraat,skoongemaak,toegemaak met servet , in sy eie wereld net hy en sy
karretjie.
Ek wag vir Liefie want hy het eers n lesing vanoggend en dan
is hy af vir die dag. Mooi bly tot volgende keer.
No comments:
Post a Comment