Monday, 8 September 2014


6 Sept 2014: @ Sea

Gister toe afgeklim en gelukkig somers klere aangetrek want het ek my nou lelik misgis met die Amerikaanse sonnetjie!! Gestap dat die sweet behoorlik loop,en net skaduwee gesoek, so al langs dit aangestap tot in die South Boston hawe gedeelte.Gelukkig ook vir my n bottle water saam gevat.

Eers verby die Children’s museum ,nog nie van so iets gehoor nie weet ook nie wat binne is nie !! maar besluit om dit n skip te gee want vra toegangs fooi .Toe is ek na die Boston Tea Party Ship en curio winkel.Dit was vir my baie intressant en wil vir liefie volgende week daarheen vat.Het die mooiste goed en alles wat met tee te doen het,en ek is so erg oor my  koppie tee!

Toe vir n entjie in die downdown ingestap,baie mooi restaurante en geboue.Moet se, hulle tuine bitter mooi en alles op sy plek,geen paiere en rommel wat rond le nie,nie n plastiek sak in sig nie!! Teen die tyd was ek al opgestap en gevoel soos n kar wat kook!!.Weereens by die hotel in vir aircon, badkamer en rustig sit en wi-fi besigheid!!

Nog iets wat ek opgelet het is dat daar vreeslik baie groot trokke is,miskien lyk dit net na baie want ons is in die hawe gedeelte maar hulle groot/lank/en almal lyk vir my nuut, sien nie n trok wat lyk asof sy wiele enige oomblik gaan afval nie.Lyk regtig soos in die flieks.n Voetoorgang is ook n groot ding hierso, as jy jou voete op die zebra streep sit, stop die karre vir jou,is glo wet en kan groot boetes kry indien jy dit nie doen nie.

Wel is toe in by die Lobster café wat ek voorheen gesien het en was weereens gepak van die mense en al wat ek kon sien is die doppe van die lobsters van die, wat klaar gesmul het aan hulle!! In Alaska het al die crew wat in so plek gewerk het t shirts gedra met die volgende opskrifte op hulle rug: CRABBY CREW!! Gedink dis oorspronklik.

Daarna is ek terug skip toe en was bitter bly, om ons ou gaaitjie te sien.Gisteraand saam met liefie en sy kollega gaan eet en n vrou ontmoet  van wat met opleiding te doen het. Sy kom van Poland , amazing hoe ander mense dink en doen ,sy werk al n jaar op die skepe maar se nee, nou weer lus vir iets anders,maak oor n week klaar en wil in Dubai werk gaan soek.

Het n vriendin wat daarso werk en hulle 2 lus om  vir n week in Indie of Siri Lanka mekaar te ontmoet en dan na n  gesondheids plek te gaan, waar jy kan detox en net chill en nie te duur nie.Syt gevra Dr Kana moet vir haar uitvind van plekke, want hy kom van Siri lanka en het kontakte ook in Indie,ek stomgeslaan sommer net so.Dink net, lus vir detox en rus vir n week en sommer net so,waarheen sal ons gaan? Amazing.

Liefie more af , so ek en hy gaan more saam St Georges en Hamilton gaan besoek,baie opgewonde want hy het nog nie dit gedoen nie ,ons kry n 1 day transportation pass en dan kan ons gaan net waar ons wil met dit.Oppad terug wil ons by Horseshoe Bay probeer stop, om die bekende pienk strand te sien.

Hoop net ons kry betyds n bus terug na ons deel van die eiland want anders gaan dit dapper stapper wees vir ons tweetjies.Die taxis baie duur,onbekostigbaar want die branstof op die eiland glo baie duur.Verlede week besef, alles moet ingevlieg of per skip kom.Tot volgnede keer.

 

No comments:

Post a Comment