Friday, 26 September 2014


24 Sept 014: Saint John, NB

Gister was ons in weer in Halifax.Die keer reg langs die farmers market gedock wat lekker was, so ons is nie aangery in die pienk busse nie, jy was sommer reg waar jy wil wees, naby winkels.Ek het voor Liefie afgeklim en gedink gaan lekker sit en my blog doen ens maar min het ek geweet kon glad nie connect nie, heeldag probeer sonder sukses, so ek was nie baie gelukkig oor dit nie.

Ons het die keer meer in die woonbuurte gaan rondloop en ons voorade by n supermark gaan kry.Ook n jong man gesien wat sy hemp uitgetrek het in n parkie en die weirdste oefeninge gedoen het, ons eintlik vergaap aan hom en begin dink makeer dalk iets, maar lyk my net anderste oefeninge as wat ons ken!

Toe ons natuurlik moet vertrek toe is dit weer sulke tyd ,siek pasient wat net voor ons moet ry opdaag by mediese sentrum.Ambulans toe daar aangekom met skreeuende sirene en moet bieg die man het glad nie lekker gelyk nie, so hy en sy familie was skaars af van die skip toe trek ons weg.

Net voor ons vertrek het daar 2 mans  in Skotse uniforms vir ons, die mooiste musiek gespeel, bagpipe en dromme.Was baie spesiaal en het fotos van hulle geneem,sal dit op blog sit.Nou ja toe is dit weer see toe vir ons.Ek het n sad movie oor 9/11 gekyk en weer lekker gehuil,was eintlik snaaks toe Liefie in die kamer kom en vra wat gaan aan, hoekom is ek so hartseer,ek dink hy het vir n oomblik gedink ek het nou cabin fever  ,toe kon ek na n paar snikke se,dis die fliek!!

Vanoggend  eers 10h00 in Saint John aangekom op n pragtige dag maar koud.Ek en Liefie het toe sommer net die dorp ingevaar en orals alles bekyk en natuurlik weer baie fotos geneem.By n kerk ingegaan wat my dadelik aan die Nuwe Kerk in Graaff-Reinet laat dink het ,sal ook n foto van dit opsit,net daardie gevoel gehad.

Die geboue weer pragtig ,eers in n parkie gaan sit en daarna deur die craft market gestap.Toe vir ons n lekker hotel uitgekies en moes lag, nou al slim geraak, stap in en maak ons gou tuis!!! Vra niemand niks. Kon darem toe die wi-fi optel en alles doen wat ons wou.Daarna  al langs die waterfront terug  gestap skip toe.

Teen die tyd was ek yskoud ,het my lelik misgis met die koue windtji ,so ek was bitter bly toe die skip in die hawe gebou lekker warm sop gehad het vir die gaste,sommer 2 koppies opgedrink.Vanaand ry ons na Bar Harbour en word weer more met die tender bote aanwal geneem.Vrydag is dit weer Boston en as ons weer daar kom oor 2 weke is dit huis toe vir my.

 

 

No comments:

Post a Comment