Friday, 5 September 2014

4 & 5 Sept 2014


4 Sept 2014: @SEA

Nog op die see en oppad Boston toe.Sover nog lekker weer en son,die see kalm.Vanoggend weer gaan gym en moet nou belt styf intrek het al 2 kg opgetel!! So glad nie beeindruk nie.Geen suiker en carbs vir my nie,sal maar sien hoe dit gaan.

Oppad terug van die gym het ek weer ingestap by n praaitjie waar die passasiers weer die Kaptein,en sy span vaskeer met vrae!! n Vrou wou weet van daardie massiewe frats branders wat partykeer in die see net verskyn van nerens,wel die kaptein se antwoord: 2005 het so n brander die einste skip,getref maar nie ernstige skade gehad nie.

Hy se dis maar een van daardie dinge en as jy nie wil seil oor dit nie dan moet jy ook nie vlieg of in kar klim nie!So ek sal dit onthou!! Het ook uitgebrei oor die diesel enjins van die skip en hoeveel diesel hulle gebruik,is glo n taai, dik, tipe diesel.Kan ook tot 10 jr vat om senior ingeneur op sulke passasierskepe te word.Lyk my hulle werk ook eers op cargo skepe voor hulle oorgaan na passasiers skepe.

Liefie het ook gisteraand gehoor hy is volgende oppad na The Sun in Desember en hy sal dan Mexico roete doen wat hy nog nie gedoen het nie, wat great is.So geseend was nog elke keer op n ander roete en plek sedert hy hier begin werk het.Net genade en seen. Ek hoop om dan in die middel van Jan by hom aan te sluit.

Plekke wat hy dan sal besoek is Tampa Florida/Roatan Honduras/Belize City Belize/Costa Maya Mexico/Consumel Mexico.Eintlik amazing, elke kontrak n verrassing, jy weet nie wat is volgende nie.Sukkel met die wi-fi op die skip, so gaan maar wag vir more tot ons in Boston is.

Nou ja tot volgende keer,mooi bly.

5 Sept 2014: Boston

Back in Boston and going to have to do my rounds on my own today, hubby on duty, so he won’t be putting his feet on solid ground today!! Every week there are some ….. passengers that don’t pitch at immigration as arranged the night before and this causes the embarkation proses to slow down or come to a standstill, which means we  get off later and gives us less time to walk around.

Another beautiful day in Boston, not a cloud in the sky,27 degrees outside which is also nice if you have to go, walk about!! Voetslaan of soos die kinders altyd gese het toe hulle klein was, klap n toon Mamma! If you don’t like walking, this is not for you.

Hopelik sal ek vandag weer n ander roete  inslaan en iets nuuts sien.Wil verder teen die waterfront afstap.Het ook n lobster cafĂ© in die hawe gebied gesien wat altyd besig en vol mense is miskien sal ek vandag daarso inloer en net kyk wat aangaan.Gehoor van n plek in Kanada wat die plek is vir prawns eet, so ons wil graag daarso gaan eet.

Next week this time, we will start with our new itinerary, very excited, new places and new things to see .Well it’s time to get of the ship now, so until next time, bye.

 

No comments:

Post a Comment