Thursday, 18 September 2014


16 Sept 2014: Charlottetown (Prince Edward Island) Canada

Vanoggend 8h00 hier aangekom, toe is dit eers n kaartjie kry voor ek op die tender boot kon klim om aan wal te gaan.Soos ek verduidelik het, nie genoeg plek om te dok in hawe nie want alreeds een van Holland America se bote vasgemeer, die Veendam. So skat daar sal vandag omtrent 6000 mense die klein dorpie besoek.

Die hawe gebou is van groot hout balke gemaak en jy ruik eintlik die hout as jy instap wat nogal spesiaal is.Weer n klomp stalletjies met tuisgemaakde goed en toeriste goedtjies.Pragtige juwele waar ek natuurlik weer vasgehak het!! Die ergste kan net kyk!!

Toe is ek die strate in en stap sommer soos ek goed sien wat vir my mooi en intressant is.Lyk my as jy n huis koop kan jy binnekant enigiets verander maar aan die buite kant mag jy geen verandering aan bring nie, is van hout gemaak en sal fotos opsit, baie mooi .Dorpie skoon en alles op sy plek ,het ook n rustige atmosfeer,klein dorpie gevoel.

Sien in die somer temp  max 30 grade maar in die winter van -3  tot  -22 !! Brrrrrrr nie vir my nie dankie.Tuisdorp ook vir  Anne of Green Gables – The Musical , world longest running musical, in 1965 vir die eerste keer opgevoer en gaan nogsteeds aan,amazing.

Het natuurlik weer vir my in n kerk bevind, die keer in die St Dunstans Basilica,bitter mooi en laat my dink aan die katedraal in Grahamstad.Wil vir Liefie volgende week gaan wys want hy moes vandag werk,so kon nie sy voete op droe grond sit nie.Mooi fotos geneeem so sal dit op blog sit.

Ook in n pragtige 2de handse winkel  uitgekom met bitter mooi goed, daarna in n leer winkel maar kom agter Kanada is duur,in n botiek ingestap met klere waaroor ek mal is maar toe ek sien n toppie kos R1700, toe is dit net daar omdraai en uitstap.

Was ook by die Northen Watters Knitwear winkel waarvan Jason ons vertel het,hulle het  website waarna ek sal kyk as ek eers weer tuis is www.nwknitwear.com. Hoe se hulle, steel met jou oe!! Kry lekker idees as jy so rondloop.

Heerlike weer ook vandag gehad maar sien die wolke begin nou inbeweeg,en wind koelerig veral as jy stilsit.Ek sit nou hier buite by die swembad op dek 12 en tik.Kan nie glo daar is wraggies mense wat in die warm borrelbaddens sit nie,jy sien net stoom trek.Lyk my hierso is dit n groot ding,hulle hou van dit.

Nou ja oor n half uur vertrek ons na Gaspe PQ waar dit ookal is,sal more sien.Elke dag n verassing,sal vamiddag met Sailaway alles bekyk want met aankoms vanoggend nog in die bed gewees. So tot more mooi bly

17 Sept 2014: Gaspe

Toe ek vanoggend uit ons porthole loer, toe sien ek net water en bome en nog bome,sover as wat die oog kan sien.Hier is ons nou in die outback,leeuwereld of ek moet se beer wereld! Beslis baie remote en klein,hier en daar n ou huisie tussen al die miljoene bome.Wonder hoe land mens hierso of word mens hier gebore!!

Sien nogal uit om die dorpie te gaan verken,gelukkig is Liefie af so ons gaan saam kan rondloop,hy moes weer n pasient van skip afkry so was al vanoggend met n tender boot alreeds in die dorp gewees om pasient af te laai.Ek sit en wag nou reeds vir hom voor ons gaan.

Lyk my die is n Franse dorpie want die vroutjie wat vir ons op die skip bietjie meer oor die plek kom verduidelik het, se Engels is maar so so.Daar is 8 plekke om te besoek in die dorpie en hulle kerk glo net van hout gemaak,cedar hout, het ook spesiaal n orrelis wat n musiek uitvoering gaan aanbied sou dit nogal wou bywoon. My enigste Frans: Bienvenue/Welcome

Moet 3h00 alreeds terug wees op die skip so nie baie lang dag nie, sal moet wikkel,so dis tyd vir sak pak en tekkies.Wel , is toe af en het weer ons stap vir die dag ingekry,tender bote laai jou omtrent n 1km van die dorpie  af.Lyk vir my n plek om in die winter te kom besoek vir ski en snowmobiling.Het baie mooi fotos gesien van n plek, met die naam van, Perce lyk soos kasteel met n ongelooflike uitsig veral in die winter.

Sien ook van die skip n oop stuk grond tussen al die duisende bome en dink dit is dalk die ski oord Mont Logan.Kan dink moet n sprokie wees in die winter.Wind koud hierso,see was eers seepglad maar toe het wind opgekom, so rit in tender bote was  rof maar lekker.Sien ek raak nou n regte skipkat! Wil vanaand na n Country musiek, show gaan kyk en Liefie het weer die wave, vir die gaste!

Nou ja tot volgende keer mooi bly.

 

18 Sept 2014: Le Baie Kanada

Hierdie dele laat my nogal aan Alaska dink, land aan weerskante van die skip ,so dit voel asof jy in n rivier opry.Baie ongerep en weereens net bome en hier en daar n huisie teen die see,dan arriveer jy by die dorpie.Tender weer vandag so dit vat n rukkie om van die skip af te kom.Buite vrek koud,voel  soos Alaska wat dit betref,soos in die middle van ons karoo winters.Gelukkig het ek my warm goed ook ingepak want anders moes ek nou gaan shopping doen.

Ooortjies toe want koue wind wat  waai,dink ons gaan dalk handkoene moet koop want dit het ons nou nie saam gebring nie en op TV gesien Quebec is 10 grade vandag.Voel eintlik vreemd om van erge hitte en bedompige hitte na so n koue deel te kom.Bodyclock skoon deurmekaar.Think is time for a English day!! One good thing about the cold we might just be in time for the changing off the leaves in the next 3 weeks.

Town looks interesting from the ship, so we will have to see what awaits us!!Feel cut off from the real world because the wi-fi has been poor in these parts, but hopefully we get going again in port today. Crew say there is free wi-fi  in the port. Can’t believe tomorrow we are in Quebec City and we will be staying overnight, which is great so you have 2 days to explore but next visit, it will be his turn.

 

No comments:

Post a Comment