12 Sept 2014 : Boston
Left Boston on our Canada run,at 5h00. Tomorrow our first
port is Portland, Maine at 07h00 and we leave at 14h30. So we will see what is
waiting for us.
One thing I have noticed on this cruise is that the
passengers are a lot older than the cruises to Bermuda.So things will happen
slowly!! and think they eat a lot less food. Ou mense eet soos voeltjies en
mors ook nie. Have only seen 2 children and see that the cruise line also has
tours in French and German with this cruise. Even the announcements on safety
were also in English ,French and German.
13 Sept 2014:Portland Maine
Vanoggend vroeg aangekom in Portland,pragtige dag met
vreeslik baie seemeeue wat rondhang hier in die hawe gebied waar ons vasgemeer
is.Aan die een kant sien jy die rooi
baksteen geboue wat eers die warehouse district was en aan die ander kant
pragtige huisies en baie baie bote en seiljagte.
Die plek gee vir my die gevoel van Houtbaai in die Kaap,dis
hoe ek dit sal beskryf.Ek is toe na ontbyt die strate in en was vir my so
lekker net om rond te dwaal en alles te bekyk.Orals is stalletjies op die
sypaadtjie al teen die hawe gebied af en dan al die seekos eetplekke.
Stalletjies wat handgemaakde goed verkoop,so dis eintlik
baie spesiaal en natuurlik gemik op die duisende skip passasiers wat vandag die dorp besoek,4 skepe wat vandag
dok in die hawe! Daar was ook n FOX TV kamera span wat spesiaal n program doen
oor die passasiers skepe en wat dit vir die ekonomie van so n dorpie beteken.
Mooi dag maar die wind koud en beslis baie koeler hierso as
in Boston,dink dit gaan al hoe koeler raak hoe verder ons gaan.Gelukkig het ek
darem my warm goed ook ingepak.Het n paar fotos geneem om vir julle te wys hoe
die plek lyk,hoop net ek kom weer by wi-fi plek uit,miskien more in Halifax.
Wil ook vanaand na n show gaan kyk met liedtjies soos (Those were the days my
friend) sien ook die gaskunstenaars is nou weer meer gemik op die ouer
mense,gisteraand viole gehad in die atrium met pragtige musiek.
Ook n Ierse ou wat gitaar speel met bekende liedtjies uit
die 60 en 70 tigs , het dit nogal baie geniet.Toe ons vamiddag uitry diep see toe, het ons verby baie mooi
huise so teen die kuslyn gery sal ook fotos van dit op sit.Die kuslyn lyk maar
vir my rof en gevaarlik.More behoort ons 9 uur in Halifax Nova Scotia te
wees,en ons gaan dan ook deur immigrasie, so ek bitter dankbaar vir my Kanadese
visum.
Die vrou waarvan ek vroeer vertel het van Ukraine moes
wraggies van die skip afklim omdat sy nie n Kanadese visum het nie.Haar so
jammer gekry want sy was klaar n bol senuwees en moes private dokters besoek
want het probleme met haar maag en sou in Quebec vir n gastroskopie gegaan het.
Dink ek raak flou as ek moes hoor jammer vir jou maar jy moet af en huis
toe,daar gaan jy en haar man is een van die ingeneurs op die skip.
14 Sept 2014 : Halifax
Gisteraand vir die eerste keer baie rowwwe see gehad maar
darem oorleef.Nou weet ek hoe dit voel as jy te veel gevat het !!!! Hoog getrap
uit bed en nogal weird gevoel as jy op toilet sit! Was later in Halifax agv die
weer.By immigrasie vir n paatjie so jammer gekry want hulle moes n vlug vang
van hieraf en omdat ons laat was dink ek nie hulle gaan dit maak nie,jy kon
sien stress vlakke loop hoog.Om alles te kroon moes hulle ook deur immigrasie
en voor die customs nie happy is met almal aan boord nie word die skip nie(
geclear) nie! So nog tyd gaan verby.Hoop maar vir die beste.
Een van die ander offisiere se vrou het ook gearriveer, so
hy smile van oor tot oor.Baie nice ou van Duitsland.So gelag vir hom want hy
werk maar die meeste van die tyd en gese as sy hier is dan dwing sy hom , om
bietjie ander goed ook te doen.
Vanoggend met vrou gesels van Niagara Falls wat baie
intressant was en vind dat daar darem baie aangename ouer mense is, ou man met
kruisbande wat ook gesels dat dit
bars.Kan sien kom uit n ander ere en goedheid self.Wag vir Liefie dan is dit ek
en hy en Halifax vir die dag.Hulle nou eers weer n drill oefening.Ten spyte van
die slegte weer is dit weer warmer hierso,wat ek nie verwag het nie, so ek sal
nou eers moet klere verander!
Tot volgende keer,mooi bly
No comments:
Post a Comment