Sunday, 28 September 2014


27 Sept 2014: Portland Maine

Gisteraand weer gedink ons word vergas want slaap vir dood,as ons weer sien is dit oggend! Vanoggend in Portland aangekom op n lieflike sonskyn dag,eintlik warm en kon dit nie glo na verlede week se koue nie.So lyk my die weer hierso ook deurmekaar en nog nie heeltemal in die herfs in nie.

Hierso 3 passasiers skepe  in die hawe,so dit woel omtrent van die toeriste.Vandag weer lekker rondgeloop ,Liefie werk, so ek was op my eie met niemand wat my aanjaag nie!! Moes later uittrek so warm het ek gekry, lyk my layering is hierso die ding om te doen.

Vandag vir my n silwer 2de handse lepel as aandenking gekoop in n winkeltjie Blanch & Mimi.Toe is dit weer starbucks toe vir wi-fi, heerlik koel gewees en daarso rustig gesit tot dit weer tyd was vir drentel en kyk.

Weet nie hoekom nie maar ek was vreeslik honger en kon nie vinnig genoeg by dek 12 op die skip uitkom vir middag ete nie.Ongelukkig mag ons geen kos van die skip afneem , so geen padkos of vrugte inpak nie,as hulle jou vang is dit n R5000 boete!! Soos die een ou met sy praaitjie oor die winkels in port gese het maak seker jou kind het nie n peanut butter broodtjie ingepak wat jou $500 gaan kos nie.

Tot volgende keer mooi bly

 

No comments:

Post a Comment