Wednesday, 24 September 2014


21 Sept 2014: @SEA

Gister is ek alweer die strate in net om weer vewonder te staan aan die mooi strate, winkels,kafeetjies,winkeltjies en sommer net die hele plek.As ek aan nog so n plek kan dink, is dit Victoria, toe ons die Alaska roete gedoen het.As jy van kuns hou is die ook die plek vir jou,hope kuns winkelstjies.Vanaand is daar ook van 6 tot 11h00 n speiale kuns aand,Nuit des Galeries so jammer ons mis dit want ons seil 6h00 uit die hawe.(nuitdesgaleries.com) kyk bietjie.

Moes vandag vir my n sambrieel koop want vandag toegetrek en nie n baie lekker dag nie,so daar was honderde sambriele oop met al die toeriste, nie dat die reen ons onderkry nie,gelukkig geen wind nie, so net nat en koud.Vandag was ek beter gepanser teen die koue en eerder n sweet uitgepak na nog n klomp trappe se geklim.So vies vir myself is sonder my kamera vandag strate toe,kan jy dit glo!!! Sal nie weer so n fout maak nie.

Besluit gaan maar vir my besigheids kaartjies begin bymekaar maak van al die winkles waarvan ek hou dan kan ek by die huis rustig na al hulle mooi goed kyk.Amazing al die pragtige goed wat mense uitdink en maak,so baie talent.Een van die winkeltjies was n glas plek  met die naam fusionetcouleurs.ca

Die weer maak darem ook n groot verskil in hoe n mens n plek ervaar en beleef,was vir my ook lekker om vandag met die sambrieel orals te loop want dit was  n ander tipe feeling, so in die straatjies (soos in die flieks)!! maar dink lekker sonskyn op jou eerste dag op n plek  gee mens meer van n huppel  in jou stap.Omdat ek gister orals rondgeloop het kon ek vandag net dwaal, wat dit spesiaal gemaak het in die reen.

Vandag weer n see dag, so daar was geen verskoning om nie by die gym uit te kom nie!! Moes vandag in die kiddies area gaan sit en eet want die ouer gaste vertoef langer in die eetsaal area, so plek is gepak en kry nie sitplek nie.Dinge gebeur beslis stadiger op die roete en rustiger.Min jong mense en kinders.

Gisteraand se musiek show was Band on the Run, wat baie nice was, al die liedjies bekend en vanaand is dit Neil Diamond maar eers 10h00, so weet nie of ek dit gaan maak nie, sal maar probeer.Musiek uit jou jeugjare het maar net n bekoring van sy eie,vat jou terug na daardie jare.

Die roete vat ons van Quebec  na Sydney NS/Saint John/Bar Harbour,is glo  mooi plekke, so ek sien baie uit, nie genoeg ure vir alles nie,elke aand stokflou van al die geloop,gelukkig kry ek genoeg oefening.Omdat ons net 1 see dag het, vlieg die dae omtrent verby.Ek tog te bang mis iets in elke port, so probeer soveel moontlik sien en ervaar.

Vamiddag eers n middag slapie gevang en was dit nou lekker want die see rof en die skip rol nogal rond, so net wat jy nodig het om jou aan die slaap te kry.Liefie more darem af, so ons sal weer saam kan rondloop maar hulle voorspel reen in die oggend en darem sonskyn die middag ,so ek bly het toe n sambrieel gekoop anders is dit die plastiese poncho wat nie die gemaklikste ding is nie want as die wind waai skep hy wind en jou kappie moet jy vashou.Nogal iets om te sien!!

Verder trek die gaste ook netjies aan, so ek gelukkig het darem sulke klere ook ingepak.In die Kariebiese eilande en Bermuda baie meer relaxed en casual, wat my goed pas.Moes gisteraand weer seep gaan koop , 2 koekies seep en 1 botteltjie babaolie, het ons R111 gekos, wat darem erg is maar nou ja as die nood druk,wat gewas moet word, moet gewas word!!! Volgende keer bring ek twee of drie koekies seep in elke skoen.O ja gistermiddag toe ons uit Quebec wegtrek  het ons wraggies n passasier agtergelos,eintlik die vrou so jammer gekry want dit was regtig seker met minute wat sy die boot gemis het,dink dit was nuwe passasier  want het n groot tas ook gehad maar soos Liefie se die boot wag vir niemand nie.

Hier staan ons almal op dek 7 en uitkyk oor die pragtige hawe , great excitement want klomp mense weer opgeklim in Quebec, so familie staan en waai en fluit en sien hulle geliefdes af en hier staan die ou vroutjie saam met sekuritiet.Toe druipstert terug na die terminal gebou met sekuritiet  agterna.Hoop nie dit gebeur ooit met my nie.Miskien sal sy vlug vang tot in Sydney en daar by ons aansluit.

Toe ek vanaand in ons kamer kom, toe is die porthole toegemaak,vir die eerste keer vandat ek n skipkat geword het, toe weet ek, ok die see is rof en wild!!! Hoop nie dit raak veel erkger nie,sover geen effek op my nie behalwe benoude boude!! is ook maar bang vir die groot see waarop ons is.Voel nogal weird om nie te kan uitsien nie maar het vamiddag met ons slaapery wakker geword toe n brander wat breek hier teen die ruit.

 Wel tot volgende keer,mooi bly

 

No comments:

Post a Comment