Saturday, 20 September 2014


20 Sept 2014: Quebec City

Gister vroeg in die pragtige stad Quebec aangekom.Nie n wolk in die lug nie , mooi dag net bitter  koud buite. Wou eers met oop sandale rondloop maar geukkig anders besluit en my boots aangetrek.Geweet aan die einde van so n rondlopery gaan ek sit met seer voete en wragtig dit was toe ook so.Het wye draaie geloop en oor die 300 trappe geklim.Is vir my so lekker om te stap en alles te bekyk,hierdie regtig n pragtige stad ,almal praat  Frans,mooiste argitektuur.

Hul se mos beauty knows no pain en ek was nie lus om vandag jean en tekkies te dra nie, wou bietjie opdollie vir n slag maar het mos n prys!!!  Ons skip is gedok reg onder die indrukwekkende Chateau Frontenac Hotel ,sal later meer inligting oor dit gee.Is toe na ontbyt die strate in en by n pragtige juwele winkel afgekom in piep klein winkeltjie,met weereens my tipe smaak maar met  pryse wat ek net na kan kyk!!

Mooiste man!!! Kyk bietjie na sy website dan sal julle verstaan www.lapetitegaleriejaune.ca  OOOOO en hier is ook die mooiste klere winkels, dink ek was vroeer Frans gewees!!! Dink my voorvaders hoeka van Franse afkoms!! Kon maar net fotos neem en hulle website neerskryf.Is soos om vir n kind lekkers te wys en te se, jy mag net kyk nie proe nie!!!!! Te minste kon ek darem sien ,kyk en geniet!!!

Die argitektuur fasineer my ook ,dis pragtig en ek verkyk my daaraan.Kan sommer sien meeste plekke baie oud.Het al so baie huise en voordeure afgeneem,die hout werk amazing.Plekkies ook op mekaar en klein,ons regtig bederf as ek ons huise en hulle sin vergelyk,ons woon in paleise en moet ons spasie waardeur.

Het ook by n oogkundige se winkel verby gestap met die weirdste, funkyste brille wat ek nog gesien het,dink nie ek sal hulle wil dra nie maar lyk my dis die nuutste mode gier.Het fotos probeer neem.Ook agtergekom die stad kry eers baie laat, lewe, lyk my hulle slaap laaaaat!!!Vroeg die strate vir myself gehad en hier en daar n paar toeriste maar laat middag gewemel van die toeriste.

My moed bymekaar geskraap en besluit in die grand wereld bekende hotel , die Fairmont Le Chateau Frontenac gaan ek rondloop en fotos neem.Wel reg by die voordeur verby al die portiere in ,en wat n pragtige plek, sal fotos laai op blog.Daar toe vir n hele ruk vasgehak en net gekyk en voete rus kans gegee op die grand,gemaklike stoele!!!

Nou al agtergekom, gebruik eerder hotelle se restrooms, hulle pragtig en skoon, al is dit die naaste wat ek kom aan die pragtige plekke!! Was eintlik so lekker om net rustig rond te loop want ons het gisteraand oorgeslaap so kon tot laat rondloop.Met die opgaan na hotel het ek in die kabelkar gery maar met afkom het ek die trappe gevat,en toe weer nog pragtige winkeltjjies ontdek.

Heelwat winkels met wolf ,beer,jakkals,hasie,fox pelse, ongelooflik sag maar bitter duur $1200!!! Ek kan nie ophou vat aan die goed nie die hasie pelse vir my die sagste,shame net die idee hulle is geskiet vir dit maak my sommer sad.Kan verstaan dat party aktiviste sterk voel daaroor.

Het ook winkels met baie Indiaan goed in, wat my ook fasineer, net jammer jy mag nie fotos van dit neem nie.Ook op baie straat hoeke musikante met instrumente wat ek nog nooit gesien het nie.Sal van die een ou man n foto opsit, dink hy het  Indiaan bloed in hom,het n  opgestopde groot wit hond langs hom gehad,was seker sy geliefde hond.

Teen 5 uur was ek stokflou met voete wat brand,maar het n groot wye draai gestap en orals aangegaan.Was geweldig geseend om op so n perfekte dag in die stad te wees,sonskyn ,geen wind,en baie tyd.Toe ek op die skip klim, was dit reguit eetsaal toe vir n koppie tee en n ou soetdingetjie!!!! Dit het baie goed afgegaan.Nou ja tot more,mooi bly.

No comments:

Post a Comment