11 August 2014: Bermuda
Hubby working, so going sightseeing on my own today. Had
breakfast on deck 12 with a beautiful view over Royal Naval Dockyard. We are
docked at the Heritage Wharf terminal. Important info, I did not need a British
visa to visit Bermuda, so I did all that for nothing and cost me money, so
don’t always believe what people tell you!!!
Vergeet is Afrikaanse blogdag se beurt!! Wel om te dink die visa wat ek wel
moet he om Kanada te besoek in Sept is die een wat ek so amper nie betyds gekry
het nie. Gaan defnitief nie die saak net daar los nie,het R600 betaal vir
niks!! En verkeerde inligting.
Weet nie as jy invlieg of dit anders is nie maar as jy met n
passasiers skip hier aankom het jy nie een nodig nie.Net jou
skipkamerkaart en enige foto ID.Ek het wel n Amerikaanse visa maar
hulle kyk nie eers na dit nie.
Wel, ek is toe van die skip af en het vir my n dag
transportation pass gekoop wat my $15 gekos het, dan kan ek heel dag op enige
bus of ferry klim en soveel keer soos ek wil.Is toe met die Sea Express Ferry oor na city of Hamilton,dit het my 30 min met die
ferry gevat.Verby die pragtigste huise gery en jy kan sommer sien, speelplek
van die rykes.
Is met my gymklere en tekkies vanoggend hier weg en die
winkels in Hamelton so grand!! dat ek nie gevoel het, kan instap en rondkyk
nie.Duidelik nie n arm eiland hierdie nie, glad nie soos die Karibiese eilande
nie.
Weer in n kerk geeindig en my verkyk aan al die mooi argitektuur,vensters
en houtwerk, regtig iets besonders. Goed,Liefie was nie by nie want dis nou
glad nie sy ding nie!! Middag ete was n dounut en koeldrank wat ek by n
supermark gekoop het en in die park gesit en eet het,gevoel soos boemie.
Na my rondloop en middagete is ek na die busterminaal
toe.Eers dinge probeer uitkyk en toe besluit vra eerder, net nou beland ek waar
ek nie wil wees nie en op die eiland gebruik toeriste en die inwoners dieselfde
vervoer so spitstye kan jy tot n uur en half vir n bus wag.Dit het ook al
gebeur dat passasiers hulle met die tye misgis en dan moet hulle inderhaas n
taxi terug vat boot toe wat baie duur is.
Wel ek is toe op die pienk bus soos hulle vir my gese het en
daar gaan ek!! Die eiland gesien van alle hoeke en besef dis eintlik baie
lekker so met die bus ,behalwe dat hulle ry dat dit bars en die strate maar
bitter nou is.Pragtige eiland met die mooiste huise,plantegroei,en geboue in
baie goeie toestand niks vervalle en gedaan nie.Kry so tropiese gevoel en grond
lyk sommer donker en vrugbaar.
My rit terug na boot geniet en baie gesien so wil volgende
week weer so maak maar gaan eerder vroeg oggend
bus vat en dan met ferrie terugkom. Baie mense vat ook motorfietse
wat lekker lyk en hierso ry ons darem op
dieselfde kant van die pad wat dit baie makliker maak. Dink nie ek sal so braaf
wees nie,regte ou vrou!!
Dink ek sal maklik terug kom hierheen . Sou baie graag van
die shore excurtions wou doen want dit klink intressant.Ook n wye verskeidenheid
om van te kies.Die Bermuda Triangle Evening Cruise klink scary! En hulle beveel
aan dat jy snorkel en swem in areas ver weg van al die toeriste soos by
shipwrecks en jy gaan met catamaran uit na die dele toe.Hopelik kry ons
geleentheid om dit te doen,sal maar sien. Nou ja tot volgende keer mooi bly.
No comments:
Post a Comment