21 Aug. 14 @SEA
Gisteraand het die crew wat almal op die mediese span is, n spesiale
ete gehad en lyk my daarso het dit lekker gegaan, karaoke gesing en gedans maar
soos hulle vir my vertel, kon hulle nie die 2 dokters aan die dans kry nie
,moet se toe lag ek lekker en se, indien julle dit wel regkry roep my dadelik!!
Want dit sal ek moet sien.
So was weer n laat aand en vanoggend weer moeilik
opgestaan.Ek is toe later gym toe en het darem weer in my gewone skip roetine
ingeval, wat baie lekker was. Weet nou waar alles in die gym is en hoe alles
werk. Die skepe verskil en soos ek gese het ek verkies die ander 2 skepe,die
een ouerig.Hoop ek gaan more uit die bed kan kom want styf gaan ek beslis
wees.Sal maar dinge stadig vat.
Middag ete het almal van die mediese dept gaan sushi eet
.Het tot hulle chinese sop probeer wat baie lekker was,so n souterige smaak,en
toe ingeval in die sushi.Sal volgende keer dalk die fried rice probeer want dit
het ook baie lekker gelyk.Mens mos skrikkerig om iets nuuts te probeer.Mag van
die gewoonte, vreeslike ding!
More is ons weer in Boston en ek sal alleen moet rondloop
want Liefie aan diens.So more oggend is dit weer vroeg opstaan om deur customs
te gaan, voor ons kan afklim.Hulle klim op die boot en bekyk ons eers almal
deur, voor die skip clearance kry.
Een goeie ding van die skip, jy eet nie tussen in nie want
dan is dit optrek na die eetsaal,behalwe as jy jou spens in kamer opgestock
het!! Ons een nou leeg maar more is dit mos weer Boston!! Sal eers die winkel
moet soek waar ons ons shopping kan doen.CVS apteke op die eilande eintlik die
beste want hulle het alles wat jy soek en pryse ook billik, daar kan jy darem n
botteltjie naelpolish vir $1 kry!!
See ook bietjie omgekrap en reen buite, met ons middag
slapie het n brander hier tot teen ons porthole venster geslaan wat my
natuurlik dadelik wawyd wakker gehad het.Maar dit was ook net die 1 keer en
darem nog nie gese om portholes toe te maak nie, so nog heel normaal vir ou
matrose.Ek so dankbaar dat ek nie seesiek voel nie want dan weet ek nie hoe dit
sal gaan nie.
Nou ja dis eers my nuus vir die dag tot volgende keer mooi
bly.
No comments:
Post a Comment