Sunday, 24 August 2014

23 Aug 2014 BURMUDA


24 Aug 2014 :Bermuda

Aangekom in Bermuda met geen son in sig nie, so lyk my dit gaan nog een van daardie dae wees wat ons in ons reen ponchos gaan deurbring.Gelukkig leer mens vinnig en sloffies en ligte klere doen dan die ding, anders kry mens gou warm onder die plastiek.Gisteraand weer n passasier gehad wat met te veel drank in sy lyf, in die swembad gespring het en 2 ribbes gebreek, inwendig seergekry en nier bloeding opgedoen het !!

So vanoggend is dit eers weer die ambulans wat die ou moet kom haal,het fotos geneem van Liefie en die aflaai van die outji, was gelukkig op daardie tyd op dek 7 en het die hele storie dopgehou. Einde van sy week vakansie in Bermuda en dit van drank!! Kan eintlik nie glo dat die ouens sulke simpel goed kan aanvang nie maar soos ons weet, laat drank jou baie snaakse goed doen.

Vir my heerlik om net die mense dop te hou en te luister na al hulle stories en gesprekke,elke week ander mense met ander dinge ,mense en stories.Ek maar te bly is koeler vandag want raak baie bedompig hierso.

By ander crew member gehoor hulle was op die Bermuda triangle night drive en sy se was amazing en scary gewees.Hulle het n lig wat hulle in die water skyn en jy kan dan die koraal en visse sien.Dink die boot het ook n glas bodem.Ek maar skrikkerig vir in die see wees in die donker. O ja en die pienk strand sand dis nie n vis nie maar broken shell,pieces of coral and other marine vertebrates. The pink pieces are particles of the shell of tiny single celled animals called Foraminifera!!! Hoes daai vir geskiedenis klas!!!

Nog n intressante ding van die eiland sien hier kry jy ook die vrug Loquat (soos ons liqarte) moet se bitter lank laas, tot hulle by ons gesien.Hier is ook Crystle grotte wat vir my soos die Kango grotte lyk en deur 2 seuns ontdek is in 1907 wat cricket gespeel het. Kan nie glo dat ons nog net 3 keer hierheen kom dan is dit ook klaar.

Wag nou vir Liefie, dan is dit voete aan wal!! Hy hoef gelukkig eers 16h00 terug te wees vir n safety lesing.Tot volgende keer mooi bly

 

 

No comments:

Post a Comment