28 Aug 2014 :Still @ Sea!!
Nog steeds op die groot oseaan met geen land in sig nie!!
Sien hier is darem nog n groot skip agter ons,MSC container skip, seker ook
oppad Boston toe.Hoor op die tv dat die kuslyn maar onder groot branders
deurloop aan albei kante van Amerika,oos en weste kant.Gelukkig affekteer dit
ons nie want ons sal in die hawe wees.
Al wat n surfer is stroom glo na die dele want is mos
lekker! ordentelike branders.Moet se lyk vir my nogal groot en woes. Terwyl
hulle op TV n direkte uitsending doen en waarsku oor hoe gevaarlik dit is
spring n ou wragtig agter die commentator van die pier, in die see met sy boogy
board.
Het heel oggend gesit met my krale werk,en as ek eers begin
kan ek nie ophou nie en nou is dit op!! Moes
nog gebring het maar nou weet ek volgende keer.Ons het eers vamiddag
saam gaan gym, wat lekker was.Toe is ek daarna eetsaal toe vir lekker chowder
sop ( seekos) en vars vrugte ,my heeltemal ooreet aan die
waatlemoen,spanspek,pynappel en lemoenskyfies.
Laat middag het ons op dek 7 gaan stap, net om wind te kry
want anders sien liefie nie die son nie.Hulle kantore op dek 4 en in die middel
van die skip, met geen vensters nie.Gelukkig was hulle sover stil gewees, met
geen dramas en moelike pasiente nie.
More is dit weer die gewone drill om van die skip af te
klim.Gelukkig is Liefie af, so ons gaan saam rondloop,waaroor ek baie bly is.Net
weer besef hoe duur die wi-fi op die skip is ,daardie horlosie wat so tik maak
eintlik jou senuwees op want hy laat waai, pay as you go $0.75 per minuut of
$100 vir 250 min of $55 vir 100 min.
So more is dit weer ons en die hotel lobby of Duncan
Dounut vir ons free wi-fi,al van dit wat
sleg is jy spandeer baie tyd daarso, om al jou goed af te laai en voor jy weet
is dit weer tyd om terug te keer skip toe.Nou ja tot volgende keer mooi bly.Kan
ook nie jou brood aan albei kante gebotter he nie!!!
29 Aug 2014: Boston
Lieflike sonskyn dag , so ek bly om die son weer vir n slag
te sien.Was baie van ons wat vanoggend deur immigrasie moes gaan,so het n hele
tyd gevat.Vir my intressant dat alle Kanadese en green card holders ook deur
immigrasie moet gaan.Dink met alles wat nou in die wereld aangaan is almal baie
paraat.Moet erken ek sal beslis nie iets skelms kan doen nie want voel klaar
senuweeagtig net om elke keer na hulle te gaan.
Dink hulle weet ook wie lyk verdag of jy staan seker uit en
sweet dat dit bars!!Sien uit na vamiddag se sailaway want is darem net baie
lekkerder as dit n lieflike sonskyn dag is.Dink nie ek sal aard in die koue
dele van die wereld wat so min son sien nie, ek soek son.
Wag nou net my beurt af ,ons wat deur immigrasie moet gaan,
moet heel laaste afklim van die skip en Liefie ook nog nie hier nie,sal hom
vandag op pier kry waar hulle crew afklim.Ek moet ook elke keer van die skip af
en kan eers na 11h00 weer opklim.Hou maar by die reels,moet ook elke keer al my
juwele afhaal want my armbande laat die metal detectors afgaan.
Nou net ingelig dat hulle random drug toetse nou op die
personeel gedoen het.Liefie is vanoggend wakker gemaak met, die nuus, toe is
dit weer uitvlieg uit die bed want hulle weet nie vooraf wanneer hulle dit gaan
doen nie.Vrydae is al dag wat hy inle en ek moet vroeg opstaan want ek moet al
7h15 inval vir immigrasie.So einde van sy inle gewees.
Die week wil ek en Liefie terug na ons strand en heel dag
daar spandeer, sien nogal uit na dit.Nou ja tot volgende keer,mooi bly
No comments:
Post a Comment