Sunday, 10 August 2014

9 August 2014


9 Aug 2014: @Sea

Wel, min het ek geweet van die drama wat my arme man deurgaan,hy is op die dag voor ek moet opklim ingelig dat hulle my verblyf op die skip gekanseleer het,en sonder die groen lig en jou naam op die passasiers lys, klim jy nie op die skip nie!!!

Toe kos dit mooi verduidelik, dat iemand n fout gemaak het want ek is oppad en reeds in Boston.Gelukkig het hy my nie die aand voor die tyd ingelig van al die drama nie want sou nie n oog toegemaak het nie en na al die vlieg en visa stress, was ek op.

Dink toe vir myself, as ek nie kon opklim nie, waarheen sou ek gegaan het? Seker strate toe, vir n week!!! Want skip eers oor n week weer terug in Boston. Praat van banged up abroad TV show hier kom stressed out abroad!! TV show.

Gelukkig het als goed gegaan en ek het so 12h00 op die skip geklim.Het ook my bedenkinge gehad of ek ooit weer my tasse gaan sien want hier op die hawe is my tasse so eenkant in n trollie gelaai wat straat se kant toe staan en enigiemand sou net kon verby loop en homself help.Eintlik vreeslik dat mens so ingestel is maar laat middag is my 2 pers tassies voor my deur besorg. Begin dink ek het skeidings angs as dit by my en my tasse kom, elke keer se storie.

Die skip nie presies soos die ander 2 waarop ek was nie, so moet van voor af myself orienteer.Elke skip het ook sy eie reels en dingetjies en is omtrent n treasure hunt om eers alles te ontdek.Ons kamer is lig en het die mooite groen bank!! Hierdie is n ouer skip en ek verkies die ander se uitleg beslis user friendlier op ander.Hulle leer seker ook maar met elke ontwerp wat werk en wat nie.  Bly weer op dieselfde plek as op die vorige skip.

Het met sailaway op dek 13 gaan sit en kon alles besigtig van daar. Was stomgeslaan oor die hoeveelheid vliegtuie wat land op die lughawe, wat reg langs die hawe is ,seker elke 5 min of dalk korter en 2 aanloop bane langs mekaar, so dis hectic, die air traffic controller moet sy storie ken,dis verseker.Toe ons geland het, het dit juis gevoel asof ons baie naby aan die water is en nou verstaan ek hoekom, het fotos geneem om te wys.

Toe skip uit hawe uitry het die hawe polisie ook sy hande vol gehad want dit was Vrydag, n lieflike dag met perfekte weer en al wat boot en seiljag is, op die water.Eintlik fassinerend om hulle dop te hou,  jou eie movie van dek 13,  polisie boot nader kort kort n boot om te se, gee pad want skip reverse en wil ry!! Nie asof hulle dit nie kan sien nie!!! Skip weeg 92 ton!!

Gesien skip is bietji laat  weg en toe ook nie besef dat arme Liefie  n noodgeval gehad het nie,  n ou wat n akute allergiese reaksie gehad het van kos en moes van die skip af, voor ons kon ry,dit hoor ek toe eers die aand.

So vir die wat dink, skip werk is net see siek mense behandel, nee, beslis nie.Vanoggend weer my ou ontbyt geeet soos op ander skepe en lekker op dek 7 gaan stap.Hopelik kry ek myself weer gou aan die gang in die gym,vanoggend lui gewees en eers ingele! Is mos moeg!! En moet eers weer my kragte terug kry!!!!!!!!!!

Wil vamiddag vir my n boek in die bib gaan uitneem en weer rondloop op die skip en alles uitkyk.Behoort more 11h00 in Heritage Wharf in Bermuda aan te kom en so bly Liefie af, so ons kan saam afklim en hy kan my die plek wys.Is nogal warm en bedompig buite,sien n paar bleek siele wat rondloop, so hoop hulle het sonskerm gebring, anders gaan hulle les opse en soos kreef lyk na n dag in die warm son. Nou ja tot volgende keer,mooi bly

No comments:

Post a Comment