26 Aug 2014 : @ SEA
Wel, ons is toe vanoggend vroeg weg uit Bermuda met die
tropiese storm Chirstobal!! wat ons moet ontduik.Die kaptein van die skip het
vir ons op een van die TV kanale alles verduidelik,fotos gewys en gese in so n
storm kan jy tot 10m golwe ervaar met baie sterk wind!!!! Genoeg om my senuwees
klaar te maak.
So ek baie verlig ons gaan probeer om uit sy pad te
bly.Indien ons eers op ons gewone tyd vertrek het sou ons, ons presies in die
oog van die storm bevind het,scary stuff en dit in die middle van die see met
geen land in sig nie.Hier in die see besef jy baie gou ons is eintlik niks nie,
net n ou kolletjie in die groot heelal.
Die arme outjie met die gebreekde ribbes, het toe n nier
bloeding of skeur en word nog vandag uit Bermuda uitgevlieg hospital toe in
Boston.Begin nou 2 keer dink oor die springery van die Calico Jack boot tot in
die water nadat my man gister n ou gehad het wat sy skouer ontwrig het in die springery!!! Nie gedink so iets kan
gebeur nie.
Verder gaan dit goed en vandag dink ek, gaan ek die krale
nadertrek en begin met dit.Sal miskien moreaand die show gaan kyk,het nog net
die 1 gesien en nog nie die sang een nie.Kan beslis nie kla te min om te doen
nie, is net nie altyd lus nie.Na n dag se rondloop is die bed en tv vir my
altyd n baie lekker opsie en die slaap oorval my bitter gou, seker al die
seelug!!
Omdat ons vroeer weg is uit Bermuda is ons nou 3 dae op die
see wat die mediese ouens nie eintlik verwelkom nie, as siekte nou toeslaan,
sit jy met die pasient en net ernstige lewe en dood situasies sal maak dat n
helikpter hulle moet kom haal.Moet maar sterk staan!!
Gister ook agtergekom dat ek van dek 7 die eiland se wi-fi
kan optel, so ek baie bly oor dit want nou kan ek alles van die skip doen en
dan sonder my rugsak met al die gadgets rondloop.Voel soms soos pakdonkie en
vrek swaar na n dag se rondloop.Betaal 29$ vir die maand so eintlik lekker want
dan het jy unlimited access en ons elke week 3 dae op die eiland.
Ook agtergekom as jy na 3 in die middae na snorkel beach toe
gaan hoef jy nie toegangs fooi te betaal nie so van nou af is dit eers laat
middag strand toe vir ons! Lyk my teen daardie tyd is dit huis toe gaan tyd vir
die kaartjie kantoor werkers!!
Sal baie graag ook ons eie snorkel en flippers wil koop dan het
jy dit en kan enige plek snorkel maar dis nou net met die vliegery, is 9 weke
hier en om plek te he vir alles, kos beplanning.Het die keer my sambrieel en
muis vir die rekenaar vergeet.Darem vir my n lys nou gemaak met al die moets
moenies ,wants and needs!!Ek pak elke keer te veel klere in.
Het te veel warm klere ingesit maar dink in Kanada gaan ek
dit weer nodig kry,hulle se is daarso heelwat koeler as hier in Bermuda veral
saans en vroeg oggend.Met die vlieg dink ek gaan ek beweeg na sweetpak, jammer
vir NATANIEL wat se dis die grillerigste ding,ek gaan nou vir gemak en wat
werk.Lyk my mens leer maar deur jou foute.
Nou ja tot volgende keer,mooi bly
No comments:
Post a Comment