19 Aug 2014: Bermuda
Dis ons 3 de dag in Bermuda vandag. Die skip dok Sondae
hierso en ry dan eers Dins middag.Is eintlik baie lekker want jy kan op en
afklim soos jy wil en kan ook heel nag uitbly, daar is mense wat dan in eiland
hotelle oorbly of by vriende wat hierso n huis het!! Miskien maak ek nog
vriende met een van daardie!!! Huis eienaars!!!
Het Sondag net hier in Dockyard rondgeloop en was baie bly
toe ek plekkie ontdek waar ek in die skaduwee!!! Kon sit en fotos oplaai, wat
ek gepos kon kry op my blog. So julle wonder seker hoekom so skielik so baie
fotos, wel dis die rede.Dit hang af waar jy n sterk sein kry en lyk my ek was
gelukkig so sal van nou af elke keer daarheen stap.
Sondag middag het ek vir Liefie gekry toe hy kon afklim na
werk en ons is toe strand toe, vir ons 1ste swem hier op die eiland.Moes
wragtig $10 betaal om te gaan swem! Was heerlik gewees en sommer baie lekkerder
gevoel nadat ek kon afkoel in die see ,is maar warm en benoud hierso soos
Durban se weer.
Liefie hou mos niks van fotos nie so, soos ek in die blog by
sy foto gese het, dit het werk en mooi praat gekos om die dam foto van hom te
neem. So van nou af sal julle maar met my gesig moet tevrede wees en dan moet
ek dit nog self neem!! Of probeer neem.
Nuutste gewoontetji, is frozen jogurt met vars blueberries
elke middag laat op n bankie naby die pier.Het foto van dit ook gepos.Vreeslik
lekker net te gou opgeeet.Dink nie dit is n goeie langtermyn plan nie want gaan lelike
gevolge he!
Gister is ek vroeg oggend met die Sea Breeze Ferry weg na St
Georges.Moes eers n n vrek lank tou staan om op die ferry te klim en gedink ek
gaan nie die cut maak nie!! en wragtig het toe, die ferry vat 400 mense.Agter
my in die ry was n gesin met n gestremde seuntji maar hy het my beetgekry en omtrent
gepepper met vra,gaan ons plek kry op die ferry,het hulle plek vir sy
rystoel,watter kleur is die ferry,wat is my naam,op watter skip is ek,wat kan
ons doen as ferry vol is en so het dit aangehou tot sy Pa gese het bly net stil
maar dit het hom nie van srtyk gebring nie.
Het heel bo op die ferry se dek gaan staan en die rit van 45
min het gou verby gegaan, het ook foto vir julle geneem van die ferry se wake
wat die 2 enjins maak, amazing.Verstaan nou die storie van al die eilande want
daar is orals stukkies land wat uit die water uitsteek.Kan ook dink dat baie
bote hier kon sink want as jy nie weet nie dink ek is jy op n rif voor jy dit
weet.Die ferry ry nogal diepsee om na die verskillende hawetjies so seker nie
veilig teen die kus nie.Het ook orals rooi boys in die see wat wys hoe en waar
hulle moet ry.
Het St Georges vreeslik geniet,heel eerste in n 2de handse
winkel ingestap en daarso vir my n boek van Francene Rivers gekoop vir $1, was
baie beeindruk met my winskopie.Baie mooi strate met klomp winkeltjies so teen
die hawe.The Hat Lady Shop ook iets anders,sy maak, net dit.Toe is ek na Somer
Gardens, is soos n botaniese tuin ,St Peters Their Majesties Chappell, was iets besonders is in 1612 gestig en
nogsteeds in werking.
Dak balke is van Bermuda Teak, het ook fotos geneem en sal nog opsit.Kon in
die pragtige kerk net vir n rukkie stil raak en in die gebede boek my behoeftes
neerskryf ,vir my nogal spesiaal gewees om te dink sit in n kerk wat oor die
400 jaar oud al bestaan en nogsteeds elke week dienste het.Daarna na die
Bermuda Perfumery en kon uit die hitte uitkom!! Vir n rukkie en in n gebou met
die lekkerste geure.
So baie mooi goed wat mens kan koop maar wag nog vir die
skip om in te kom!!Miskien eendag.Die parfuum maak hulle net op die eiland, so
is iets besonders en het ook juwele wat hulle maak met die pienk sand wat baie
spesiaal is,hoekom ek altyd van die weird en anderste goed hou weet ek ook nie
want net te duur.
Toe ek opgeloop en stokflou is, toe is dit tyd vir busstop
toe, om die bus te vat na Hamilton. Al die busse aircon so dit was heerlik en
baie welkom. Verkies die busse van dorp na dorp want dan sien jy hoe eiland
lyk,het by die lughawe en hospital verby gery.Die hospital is n baie modern
gebou en beslis 1 ste wereld set up.
Nog net n paar katte en 1 hond op die eiland gesien vandat
ons hier is.Miskien is daar reels oor hulle ook soos met die karre?? In
Hamilton net vir n rukkie rondgeloop en toe in hulle MALL ingestap, vrouens
dressed to kill, met net designer sakke en klere,baie smart,ooooo en daaarso
die pragtigste juwele winkels ek het maar deur die vensters net gekyk en gekyk
en geniet.
Toe is dit weer tyd vir busstop toe,aircon toe!!! en weer
padvat na Dockyard waar ons bly!! Het met die 2 de rit Dockyard toe, baie meer
gesien of opgelet.Soos ek gese het, die 1 ste keer is alles oorweldigend. Het
die keer Horseshoe Bay gesien met die pienk sand en ook die mooiste golf
landgoed Turtle Hill Golf Club.
As jy n golfer is sal jy hierso ook lekker kom vakansie hou
want n hele paar van hulle, dink 5/6 met die mooiste views.Na so n dag se
rondloop in die hitte voel jy omtrent soos n vuil frik, so ek is eers weer
terug skip toe vir n lekker stort, voor ek en Liefie afklim na sy dag se werkery, toe is dit weer
tyd vir ons laat middag stap langs die hawe en natuurlik ons roomys sessie!!
Heel dag geen reen en natuurlik net toe ons ,ons voorrade wil koop toe maak die
hemele oop vir sy middag downpour.
Ons is toe al hollende terug skip toe en dis omtrent n
storie want jy is toe met n reen poncho,alles wat hulle wil sien by customs is
onder die nat ding!! en hulle soek jou skipkaart en foto ID en dit reeeeenn.Wel
toe is ons terug in ons gaaitji!! Tot volgende keer mooi bly.
No comments:
Post a Comment