31 Aug 2014 : Bermuda
Gisteraand het ek n baie intressante aandete gehad! Sit nog
rustig en tee drink toe n Amerikaanse vrou my vra of sy by my kan sit. Wel, wat
kan ek se, nee sit enige tyd!!! Min het ek geweet waarvoor ek my inlaat!! Syt
seker nog nie gesit nie toe begin sy praat en het aangehou, non stop, seker vir
10 min.Verbale diaree of baie uitgehonger vir geselskap.So tussen die etery
spoeg sy ook n hele paar keur dat die
kos spat en vra onverskoning.Ek begin dink,wat n einaardige mens, het die vrou nie dalk al n dop in nie!! Waar
vel uitsteek, is daar n tatoe!,arms,bors ,hande,en enkel.
My alles van haar lewe vertel,is geskei,het 3 kinders maar
net kontak met 2 van hulle,haar 18 jr dogter is saam op skip maar het vir haar
gese slaap net in kamer,sy moet maar haarself besig hou,werk 30 jr al in motor
maatskappy en weet alles van karre,haar dogter se boyfriend gaan uit met die
grand mense se seun in haar dorp!! Erens naby Maine.
Haar boyfriend was in lobster besigheid en hulle het lobster
resies gehou op hulle kombuis vloer!!! Met lobsters.Die ander dogter goed in
acting,en het in show opgetree en was die angry virgin in die show!!! My swak
hart teen die tyd is my oe seker al soos pierings en ek kry nie n woord uit
nie.Weet van die show oor die virgins maar regtig teen die tyd wil ek net my
sak vat en wegkom,maar sy hou net aan en aan.
Toe sy asem skep, se sy, oooo ek praat so baie vetrel my van
jou, iets.Well needless to say, ek sukkel na al die inligting om eintlik iets
uit te kry,al wat ek wel se is, my man werk op die skip en het 2 kinders en dit was ook al,toe hoor ek sy het 2 jaar
gespaar vir die trip kos $2000 vir die week en $400 vir die excurtions.
Toe sy uiteindelik
weer n mondvol kos vat dink ek nee nou is my kans en ek verskoon myself
en se jammer maar wil na die show toe gaan (wit leuntji) en staan op om te gaan
,net daar staan sy op en voor ek weet wat my tref, se sy nee, time for a hug,
sy hou daarvan om mense n hug te gee,wel ek besluit gee die hug en maak spore.Hier
moet ek wegkom.So vervelig is dit beslis nie,sal n boek kan skryf!!!
Vanoggend het ek op dek 7 die eiland se wi-fi opgetel terwyl
ons wag om van skip af te klim en toe beland n paartjie van Montreol in Kanada
langs my.Die man is toe n Italiaaner en het baie lekker met hulle gesels,
oulike mense.Toe ek wil weet wat hulle alles op die eiland gaan doen, se hy
niks ,ek vra wat bedoel jy niks,hy se, hy het gekom om te rus , gaan net strand
toe en dis al, gaan nerens heen ry nie!!
Moes chirp klink soos iemand anders wat ek ken!Begin wonder
of dit n man ding is,die vrouens wil rondloop,kyk,shop en ontdek en die mans
hou nie van sulke goed nie.Aan my ander kant is daar toe n groep ou mense.Die 1
vrou het my laat dink aan Shirley Valentine van die fliek, sy is vol grappies
en planne.Sy se toe vir my, sien jy die 4 mans, dis die naaste wat hulle aan
Bermuda gaan kom so van die skip se dek af!!
Was eintlik te koslik om dop te hou hier sit ek met my
rekenaar en ipad en regs van my, sit die 4 mans,1 in rolstoel,1 met 2 kieries
en 2 ander.Toe die vrouens eers weg is begin hulle gesels en lag te lekker, dood tevrede hier op die dek, terwyl
die vrouens rondloop. Different stokes for different folks!! So in die
stilligheid het ek elke dag my eie fliek wat afspeel op die skip.
Vanaand gaan ek saam met die mediese dept eet in die
Japanese restaurant Teppanyaki, sien
nogal uit na dit want is iets heeltemal anders. Die kokke maak die kos gaar
voor jou en en doen toertjies met hulle messe en kos intrumente.Gooi eiers in
die lig en vang dit in hulle sjef hoed ens.So more sal ek vir julle kan vertel
van ons ete en nuwe toertjies wat ek geleer het!! Mooi bly tot more.
Vamiddag net vinnig van die skip afgeklim om voorrade te
gaan aankoop en het weer lekker nat gereen.Lyk my hier reen dit elke dag maar
dit kom en gaan darem.Hoop kry more kans,
om strand toe te gaan, wil weer gaan le op die gras, onder die bome met daardie
pragtige uitig oor die see.
No comments:
Post a Comment