Friday, 2 May 2014

Phillipsburg ST Maarten


27 April 2014: Phillipsburg St Maarten

Vandag was ons laaste besoek aan St Maarten.Ek het vanoggend my ontbyt weer op dek 12 gehad met n pragtige uitsig oor die Phillipsburg St Maarten. Nogal warm gewees, ek skat so 30 grade en bedompig.Wel, raak nou sleg, sommer besluit nee, is laaste dag hierso, so gaan water taxi vandag probeer.

$7 betaal vir n retoer kaartjie vir die hele dag.(so jy kan kom en gaan soos jy wil) Nogal lekker gewees,sien die plek van ander hoek en die personeel baie vriendelik en opgeruimd.Speel lekker musiek en sommer feestelike atmosfeer .Het ook n coolerbox aan boord vol ys met yskoue bier en koeldranke,so jy koop vir $2 n bier op die boot.

 

Jy word dan afgelaai in downtown Phillipsburg.Word afgelaai op jetty met die mooiste uitsig, het al n foto van dit opgesit,die huisie het so n rooi dakkie. Wel ek het  hele oggend op my tyd rondgeloop in downtown en by baie verskillende winkeltjies ingeloer en net gekyk!!! Liefie sal bly wees.

Toe ek te warm kry, is ek af strand toe en heerlik geswem en lekker sleg gewees.Tot vir n rukkie net in die son gele, wat nooit gebeur nie, darem wit gesmeer met sonblok, faktor30!! Dink ons son is warmer by die huis. Laat middag, eers my middag ete gaan eet ,reg oorkant ons boot, was n enorme passasierskip ook in die hawe.Hierdie bote is groot maar in die see voel hulle klein.

Gestaan en kyk hoe die skip al  1 gangway opgetrek het en toe besef ek, hierdie crew trippel rond en wag vir nog passasiers, wat nie aanboord is nie.Wragtig n rukkie later daag n paartjie op en nogsteeds wag hulle.Toe daag nog n paartjie op en n hele rukkie later kom n golf karretjie met n bose spoed daar aangery,needless to say, toe klim nog n paartjie uit, waar hulle was en hoekom  hulle so laat was , sal mens nou nie weet nie.Kon net sien dat die crew baie bly was en die golfkarretjie mannetjie vreeslik bedank het.

 

Se vir Liefie, kan glad nie verstaan hoe mense dit kan doen nie,ek sorg dat ek altyd n halfuur/uur voor ons aanboord moet wees hier is,ek dood bang hulle ry vir my weg, dan het ek probleme.As jy met die boot se shore excurtions uitgaan op n toer, sal die skip wag as daar nou iets gebeur het en hulle laat is, maar op jou eie ,wag hulle vir niemand.Daarom verkies ek om met die skip mense maar op n toer te gaan.

Nou ja tot more, ons in St Thomas, hoop lekker dag, dan vir laaste keer my rondtes daarso doen,ook n baie lekker port,ek mal oor die ou dorpies met geskiedenis,daarso loop jy al langs die pragtige waterfront met sy ou klip mure.  Miskien kan ek Blackbeard Pirates Museum besoek.

 

28 April 2014: St Thomas

Vanoggend was die twee matrose vroeg uit die vere!

Bitter lui vir opstaan maar besluit nee, moet vir Liefie in die gym kry voor sy dag begin .Lyk my, ek n slegte invloed want hy wil nie opstaan, as ek so lekker bly le nie.

Was pragtig want net toe die son opkom, toe ry ons in St Thomas se hawe in, met al hierdie klein seil jagte wat orals geanker le in baai.Na gym was dit weer tyd vir eet op dek 12, met die mooiste uitsig oor St Thomas.Lieflike weer en n ligte bries wat waai, ook maar goed so, want dit het baie warmer geraak, later in die dag.

As ek moet kies is San Juan vir my die mooiste en dan St Thomas.Lyk my my man was reg, het gese ek gaan mal wees oor San Juan.Wel vandag het ek die taxi gevat na downtown en toe is dit ek en die 99 steps!! Walking tour na Blackbeards Castle, Britannia House, Hotel wat in 1829 gebou is, en Haagensen House.

Moet se toe ek uiteindelik bo is, was ek omtrent stok flou maar dit was beslis die moeite werd gewees, asemrowende uitsig, van die kasteel, oor St Thomas, en ek was in vervoering met die pirates!!!Groot brons standbeelde van hulle, elkeen met sy eie storie.Hulle was wild en wreed, ook nie oud geword nie.

Het darem n paar steel fotos geneem en sal dit opsit sodra ek kan.Die mooiste meubels in Britannia huis en Haagensen huis maar mag nie fotos binne in neem nie, gelukkig paar geneem voor hulle my stop gesit het!!! Vir my ongelooflik om te dink hier het mense gebly  en gelewe,wonder wat was al hulle lief en leed.

Na my gestap deur al wat straatjies en stegies is, was dit tyd vir terug hawe toe, eers vir my n lekker lime ysie gekoop en is al etende en stapende terug skip toe.Die ys was heerlik want het my koel gehou.Is net n beker vol crushed ys met n geursel by, vir $3, ook maar vrek duur,vir ons.Gelukkig toe dit op is, was ek weer by Havensight, waar die skepe gedok is.

Daarso vir Liefie, n mooi T-hemp gekry wat se, allergic to stress en vir my n navy en wit hemp van St Thomas om te pas by die ou grys skipkat!!! Sal as ons weer in New York is, van my pirate vriende vir julle opsit.So dit was tyd om te se: HASTA LUEGO AMIGOS!!! CHOW

Het toe 19h00 na n show gaan kyk, terwyl Liefie sy werk klaar gemaak het,moet se, was uitstekend gewees,hulle performers weet van sing en dans,nogal gewonder hoe hulle al hulle steps doen terwyl die boot ook nog beweeg,dit moet gedoen wees.Was n show met al die 70tigs se liedtjies,heel tuis gevoel!!

Vanoggend was dit weer Samana gewees maar ek het besluit om aan boord te bly vandag, so n lang gym sessie ingewerk en toe weer heerlik gaan eet op dek 12.Vamiddag het ons n lekker middag slapie ingekry.Ek sit nou weer in bib terwyl ons wegvaar van Samana verby daardie pragtige eiland waar ek op was.So dankbaar ek het die geleentheid gehad om op hom uit te kom.

 

 

30 April: @SEA

Vanoggend weer in die gym nadat ons  gisteraand n kis hou geslaap het! Dink die gewieg van die skip sus mens.Sien op die skip se navigasie links van ons is Haiti,Cuba en Bahamas.Ek sou baie graag na Cuba toe wou gaan, miskien eendag.

Ons nou op die Atlantiese osean in die Gulf Stream soos hulle dit noem.In New York gaan ons weer n 1 nag toer of seil doen na nowhere!! Dan volgende dag weer terug om mense op te tel vir,  7 dag toere na Nassau,Bahamas,en Port Canaveral.

More, oor 17 dae is dit weer huis toe vir my en Liefie volg, 2 weke later.Kan nie glo vandag is al die 30ste April nie,so vlieg die tyd.Ons spens hier in ons cabin is alweer leeg so gaan defnitief shopping moet gaan doen in New York,net jammer dis vir kos en nie vir klere nie!!!

Dink Vrydag is dit ek, Central Park en 5th AVENUE!! Net kyk,dis glo waar al die mooi grand winkels is.Die week is ek alleen, want Liefie werk.So 2 dae in New York, voor ons op ons nuwe roete vertrek.Sien nogal uit na nuwe roete,nuwe plekke om te sien en te ontdek.

Nou ja tot more mooi bly.

 

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment