7 May 2014: Nassau Bahamas
Vanoggend vroeg in Nassau aangekom en weer n lieflike warm
dag, eintlik baie warm ,28 grade maar humiditeit laat dit erger voel,laat my
dink aan Durban.Stap so n paar km in dit en dit voel sommer baie warmer.Liefie,
alweer n femur fraktuur sommer vroeg oggend, laat my dink, moet tagtigjariges
op so n bewegende ding reis want dink dis klaar vir ons jonger mense!! soms erg
as die skip so beweeg maar die stomme ou oom het geval op die pier,so dis die
einde van sy cruise.
So die wat gedink het , hier sien jy net naaaaar mense,
jammer julle is verkeerd, hier gebeur baie goed en soms snaakse goed.Soos hulle
se, mens sal eintlik n boek kan skryf oor al die dinge.Is toe eers af strand
toe en al langs die see gestap en toe besluit nee gaan eers dorp invaar,vandag.
Afgekom op n winkel wat vir funksies caterer en dadelik
gedink aan LE-Karoo.Sy naam Wildflowers,dink dis nogal oulik, het n website www.wildflowersbahamas.com sal
later bietjie gaan kyk na hulle idees en goed.Toe is dit weer ek en die Pirates
of the Carribean,Liefie het met sy 1ste trip vir my fotos van die plek gestuur
maar was vir my baie lekker om dit self te beleef,het video geneem want donker
en scary in die museum.Ander couple se arme seuntjie het omtrent aan die skree
gegaan vanoggend.
Op die een muur het gestaan Board the REVENGE ….if ye dare.
And see how the Pirates lived and died!! Kan einlik nie glo dat hulle so wild
en wreed was nie.Tot n pirates code of conduct gehad.
It was not common for Pirates to bury their treasure the
majority of them sqaudered their plunder on drink, gambeling and women!!
Walking the Plank ,only one recorded instance of this maar ek weet nie, sal glo
dit het meer gebeur as ek na al die ander stories luister.
Na die intressante museum is ek na n Anglican Christ Church
Cathedral wat gebou is in 1670, pragtige gebou en kan sommer sien bitter oud.Ek
staan nog en loer so deur die deur, toe se n man vir my ek kan maar ingaan,en
kon nie my geluk glo nie ,daar is die orrelis toe besig om te oefen en dit was
iets, amazing,hoendervleis.So hier sit ek aan die ander kant van die wereld in
n kerk,stoksiel alleen en hierdie vrou speel hierdie pragtige musiek, baie
spesiale oomblik vir my gewees,maak nie saak waar jy is nie, HY IS ORALS,en met
ons.Dankie HERE.
Verder die heerlikste yskoue mango koeldrank, in Starbucks
gekry ,dit het baie lekker afgegaan, na al die gestap en hitte.Ongelukkig was
die wi-fi weer treurig vandag en kon omtrent niks gelaai kry nie,skoon opgewerk
daar weg,baie frustrerend as jy niks gedoen kry nie.
Vandag 4 skepe in die hawe, so dit gaan dol en woelig, ons
alleen 2700 passasiers ,weet nie of die ander dieselfde of meer mense aanboord
het nie maar ook groot skepe soos ons een.Stel jou voor 10 800 mense in n hawe
of stad op 1 dag!! Kan nie verstaan dat hulle nog nie die tipe toeriste na ons
land gebring het nie.Kan net dink, wat dit vir die ekonomie van Durban, Oos
Londen,PE en Kaapstad sal beteken.
Teen 15h00 terug op skip en HONGER!! Soek nou net n lekker
stort en kos! Mooi bly tot volgende keer.
No comments:
Post a Comment