Saturday, 17 May 2014

Nassau Bahamas


14 Mei 2014 Nassau Bahamas:

Vanoggend so 8h00 in Nassau aangekom met wolke wat omgekrap gelyk het.Eers weer ontbyt gehad maar die keer binnekant gesit want buite baie warm en bedompig.Toe n taxi vir $4 gevat na Atlantis toe vir die dag,maar wat n belewenis,die taxi is defnitief onpadwaardig ,die binnekant van die deure bestaan nie,net so n los stuk metaal wat ek, aanneem die hele deurknoppie stelsel was en die staan punt in die wind en skeef en krom.Die agterste deur, moes die bestuurder eers optel en weer op sy wieletjie of skuif meganisme sit, om toe te maak (SKUIFDEUR)!!!

 

Wel ek wou nog foto neem toe besluit ek, nou soek jy vir moeilikheid van der Merwe, wees net bly jy hoef nie te loop nie!! Want dis vrek warm.Nou sit ek nog voor ook nog en die bestuurder hak sy sitplek gordel om die arm lening!! Ek het besluit bid maar net vir veilig rit. Als het darem goed afgeloop maar dink dis n 3de wereld vervoer probleem, anything goes, solank dit beweeg en vorentoe gaan!! Die affere het my laat dink aan die taxi wat bestuur word met die bobbejaan spanner as stuurwiel.

Daar gekom en toe rustig op my tyd deur die hotel en op die massiewe gronde rondgeloop.Laat my aan Sun City dink behalwe by die see,en dit is indrukwekkend en pragtig.Ek toe so spyt het nie my swembroek aangetrek nie anders het ek defnitief weer gaan swem.Die plante groei is weelig,met verskillende kleure en voel soos n oasis in die hitte.

Het afgekom op seeskilpaaie,stingrays,haaie,en visse,baie mooi fotos geneem wat ek hopelik Saterdag  by hotel gelaai sal kry.Toe ook al langs die marine gestap tussen al die miljoeners se bote of seiljagte,alles blink ,lyk splinter nuut en het alles op hulle (surfboards,jetskis,rubberducks)Besef die naaste wat ons aan dit sal kom, is as werkers op sulke bote!! En jy werk glo hard.

Gelukkig afgekom op n starbucks en weer geswig voor die mango yssie!! Maar was vrek lekker,ook n pakkie chips gekoop maar dit was nou weer sleg, sommer vies vir myself,nie ons chippies nie!! Anyway that’s life ne,the good and the bad!!

Probeer om die die hotel lobby wi- fi op te tel maar onsuksesvol gewees en toe gevra en gehoor kos $20 vir die dag,en besluit  neewat .Toe is ek weer met n taxi terug hawe toe in gietende reen!! Gelukkig teen die tyd wat ons by die hawe uitgekom het ,was reenbui verby maar toe soek die taxi man $20 van my en ek se net, daar is geen manier wat ek dit gaan betaal nie, die ou by hotel het gese $4.

Ons was 4 in die taxi(wat n kar is) en hy se nee as ons 5 is is dit $4, nou verbeel jou, 4 groot mense op die agterste sitplek,1 voor en nog die bestuurder. Arme tannie wat voor gesit het ,het ook net 1 been gehad en rysroel in kattebak!.So na n gestryery is ek daar weg en het net $5 betaal en gemaak dat ek wegkom,dink hy het n vet kans gevat want op die hawe is groot borde wat se $4 na Atlantis toe(1way)

Ook les geleer en sal van nou af vir die bestuurder vra voor hy ry wat die koste is.Almal soek ook net tips by jou ,vir elke liewe ding,amazing.Niks verniet nie,eintlik bang om iets te vra of foto te neem want dan is dit, tip asb!!

Toe is ek op soek na die local supermark, wel lyk soos ons BOKSER winkels en nie n groot verskeidenheid nie, kon darem vir Liefie n paar goed kry en toe is ek terug skip toe.Doodmoeg!! en weet, moet nou krag kry want daardie voorskoot en besem wag mos vir my.

Wel sit nou weer in bib en skryf en wil graag die sailaway van dek 13 dophou as ons Nassau verlaat vamiddag.O ja amper vergeet, liefie hou van die woeste hare, kan julle glo ,ek so verbaas,het my eers so n rukkie aangekyk en gese iets lyk anders!! En uiteindelik gese, ek hou van dit.So hy sit nou met n wilde, woeste, gryskop,50 jarige skipkat!! Mooi bly tot volgende keer.

15 MAY 2014: @SEA

Was on deck 13 for the sailaway and was beautifull,we had to wait for one of our sister ships to move before we could get going.Took some amazing pics and was just nice beieng on the deck with the wind in your hair, with a view to die for. Supper was on deck 12 again, while the sun was setting, stunnig view.Very special memories.

Woke up this morning and started thinking of excuses to skip gym this morning and then decided  no, no,no, stop beieng lazy and lift your butt out of bed.Been good with it, so why not go on, right to the end!! Which will be tomorrow? Last gym and steambath.Met a Chinese lady in the steambath that must have stayed in it for at least 30 min, don’t know how they do it.

Then it was time to get dressed and sure enough I had forgotten my pants!!  but not such a big disaster, just put my black gym pants on again and off I went to breakfast.Have all these plans for when I get home to include family members with my daily tummy excercises but will have to see if that pays off! Can’t let things just go, again.

Have had a lovelly time and have been keeping myself buzy, so can’t believe I have actually been on the ship for 8 weeks. One thing I don’t seem to get enough off is sleep, think I am making up for all those years of interrupted sleep.

A big mistake I made did not bring enough hormone tablets!!!!! So now it is knit one, slip one, until I get home and then I will be off to the chemist straight away, to get these, nasty hot flushes and sore b…. Back were they belong. So at the moment it is back to aantrek en uittek, aantrek en uittrek. Warm en koud,I now understand why you don’t fiddle with older peoples pills, It gets  there clock work deurmekaar!!!

Am so dissipointed that I have just missed the 9-11 museums opening, that was today,but next time.Saw a program om BBC tv about men and ladies that are from 70 to 80 years old dancing in a broadway production and look 60. Amazing, the steps might be a bit slower than the young ones but there figures, smiles, spirit and costuums are fantastic.

Think it was there last show and as the one guy said, quite sad because this was the end for them and there careers.What an example for us, still going strong at 80 and dancing at broadway,just shows you, anything possible if you really want to.As the one lady said, you are as old as you feel.

Well don’t know when I will be writing on the blog again hopefully I will get time at the hotel  just to end off MY TRIP TO NEW YORK.Still have a few nice photos, I want to share with you.Until next time.

17 Mei 2014: Fairfield Inn  Marriot JFK

Wel hier is ek, oppad terug, huis toe na 8 wonderlike weke saam met Liefie op die boot.Vanoggend is ek 8.45 van die boot af en deur doane by die hawe.Natuurlik eers vir die laaste keer, heerlike ontbyt gehad  met n uitsig oor die Hudson Rivier.Lieflike sonskyn dag ,sou baie graag eerder die dag in New York wou deurbring maar soos hulle se, daar is n tyd om te kom en n tyd om te gaan.

Terwyl ons vir die bus gewag het, het ek die intressanste en snaakse man en sy vrou ontmoet van England,hy klink vir my na n skotsman,hulle was ook vir die week op die boot en oppad terug England toe.Kon sien hy hou van sy snertsi en aanmekaar gerook,so whitty en so skerp soos kan kom.Elke ding wat hy kwytraak het was net snaaks,het natuurlik ook baie te se gehad oor alles en enige ding wat om hom aangaan. Het hom so geniet, skat hom so 70 jaar oud.

Dink hy is  beslis n baie berugte en bekende man in sy gemeenskap en het die dierbaarste ou vroutji,wat perfek by hom pas.Wel,hulle was ook oppad na JFK maar hulle vlug vanaand 19h00 en 7 ure later is hulle tuis.Net weer besef, ontmoet so baie ander vreemde,intressante  mense.

Eers met bus na JFK lughawe en toe van daarso met die hotel shuttle, hotel toe. Was darem bietji goedkoper want het die vervoer deur die boot toe gereel maar nogsteeds  duur, R400 vir die rit.Toe ek natuurlik weer by JFK kom ,was ek weer verward want afgelaai by die departure deel en ek wil by arrivals wees, so toe is dit weer op daardie airtrain klim ,wat ek nou nog nie verstaan nie!!! Gelukkig na bietji hulp het ek toe uitgekom waar ek moet wees.

Hotel baie naby aan die lughawe en lyk toe nie te sleg van buite nie,kan sien nie n 4 ster nie maar ok.So les om te leer, don’t judge a book by its cover!!Gelukkig het Adele vir my vooraf bespreek, so toe ek aankom toe weet hulle van my,en kamer was toe gereed ,gewoonlik kan mens eers na 15h00 intrek . 2 lekker warm koekies gekry by ontvangs met aankoms wat vir my vreemd was en n kaggel wat brand in die voorportaal.Was 12 grade toe ek afklim vanoggend maar windtjie is maar koud.

Hotel oud, maar netjies,is klein en gerieflik, sal weer hierso bly.Die bad in die badkamer is natuurlik die  grootste plus punt van vanaand se oorbly!!.Lyk buite maar na n industriele area so besluit om eerder nie rond te loop nie.Kon darem vir my iets kry om te eet by ontvangs,chicken en noodle soup,popcorn,chips en natuurlik n ou soet ietsie!!.More kan ek darem  ontbyt eet, voor dit weer tyd is vir lughawe toe.Vlieg 11h15 van JFK, land 08h00 Maandag in Jhb en is 14h05 terug by die huis.Baie opgewonde.

Wel ,dis nou ook die einde van my blog oor, MY TRIP TO NEW YORK,hoop julle het dit geniet,was vir my ook lekker om my daaglikse ervarings te deel, met my  familie en vriende. Die spesiale mense in ons lewens. Tot volgende keer, mooi  bly.

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment