9 April 2014: St
Maarten
Vandag eers laat afgeklim van skip want Liefie moes drill
eers doen.Hy toe weg vir sy draf al langs die waterfront hier in St Maarten.Ek
het maar vir hom gesit en wag by die w-fi
winkel en solank al die fotos gelaai
op my blog want dit vat maar lank en ek STADIG.
Ons is toe daarna weer terug strand toe.Eers lekker roomys
geeet en vir 2 balletjies R60 betaal,vreeslik duur vir ons, knyp maar oe
toe!! so nou en dan, as die lus ons
oorval.Moet se nogal erg as jy so rondloop en warm kry en honger is en al die
vakansiegangers eet en drink net waar jy kyk.Mag niks van die boot afvat nie,
so kan nie eers padkos inpak nie.
Toe op strand gaan le en lekker geswem.Liefie het sy 1 ste,
300m swem ingekry en dit baie geniet.
Hy moet maar so tussen die mense swem want die dele waar die
vakansiegangers moet swem is afgebaken agv die jetskies,en hulle bietji wild , hulle
ry dat dit bars.Daarna weer terug gestap na wi-fi winkel vir ons laaste
aflaai van goed.
Terug op boot, het ek besluit, nou gaan ek die SPAR besoek
en was dit nie amazing nie.Min mense want almal loop rond op eiland en moet
eers 6.30 terug wees op skip, so toe het ek omtrent hele plek vir myself! !Heel
eerste in die Jacuzzi geklim en is van hoek tot kant geskut!!! Al wat n spier
is!! Voete, rug te lekker. Daarna die sauna probeer , het die mooiste uitsig
maar ek verkies die stoom bad bo dit ,is vir my te droog en voel asog ek wil
dood.
Het laas in Alaska my hand oorspeel met die stoombad en wou
flou word in eetsaal,so ek is maar versigtig om nie te lank dit te probeer
nie.Stel jou voor ek raak flou en wie is die pasient??? Die einste skip dr se
vrou, how embarrassing!!Skaam my dood, my les geleer.
Moet nou hierso erken, het ook maar gekyk wat doen die ander
gaste want dis handdoeke, witjassie,yskas water , en wil darem nie lyk asof ek
nie weet wat en hoe nie!!Ek verkies die area waar net vrouens toegelaat word
,daar is wel n gedeelte waar almal saam is,mans en vrouens.So ek gaan defnitief
terug wees more vir nog n geskut!!!
More werk Liefie , so ek is weer op my eie, maar kla nie,
want hy hou niks van rondloop in winkels nie, so ek sal more my kans gebruik.Om
n foto van hom geneem te kry net so n storie, hou ook nie van dit nie,so as hy
kwaai lyk, dan weet julle. Nou ja Mooi bly tot volgende keer.
10 April 2014: St Thomas
Vanoggend eers n lekker stewige ontbyt op dek 13 gehad, met
die mooiste uitsig oor die hawe.Krag vir die dag se gestappery,of so het ek
gedink!! Toe ek op dok kom, besluit ek nee, vandag is ek lui, vat n taxi dorp
toe of downtown soos hulle dit noem.Kos my toe $4 en toe besef, met die terugkom
sal ek maar moet stap.
Heel oggend toe rustig op my tyd rondgeloop ,het weer n paar
mooi fotos van die verskillende winkeltjies en klein strate geneem,hopelik sal ek
dit weer kan oplaai as ek in New York aankom. Het by Mr Tablecloth ingeloer,die linne winkel en moet se pragtige goed gesien.
Hier begin dit nou, al hoe warmer word ,dink dit moet vrek
warm wees, in die middel van hulle somer,want ek sweet al klaar.Is elke dag wit
gesmeer aan die factor 30 sonskerm want wil net nie brand nie.Verstom my as ek
sien hoe party mense met hulle spierwit velle bloed rooi is teen vanaand.Liefie
se ,party brand eintlik blasé van rondloop in die son.Al die passasiers klim op
in New York en hulle is seker bly om die son te sien, na die koue van New York.
Lyk my hulle is reg , wysheid kom met die ouderdom!!!
want toe ek jonk was, was ek ook een van daardie wat so verbrand het in die son, al het my Ma, my gewaarsku .Teen
laat vamiddag was die voete toe seer geloop en ek dink toe net aan daardie
lekker Jacuzzi waarin ek kan gaan le.
Besef nou so n rondlopery put mens eintlik uit,so vanaand
slaap ek weer soos n klip.Dis nou een ding van die skip wat vir my heerlik is
,die gewieg as jy slaap, laat my sommer dink aan die trein ryery toe ek n
student was en die trein terug gevat het Bloemfontein toe.
Nou ja, ek reg vir die bed maar arme Liefie het besige dag
gehad en nou geroep vir n moontlike kode alpha soos hulle dit noem,iemand wat
inmekaar gesak het in die casino.Dis nou een ding van reis op die skepe, jy kry
mediese behandeling binne minute,want
dit word oor die intekom stelsel afgekondig en al wat personeel is,wat by dit
betrokke is , hol ,so baie goed
georganiseerd. Mooi Bly
11 April 2014: Samana
Hi to all
Hubby was off today, so we decided to visit Samama because
he had not yet been to see this island.
The sea was quite rough, so the ride in the tender boats to
shore, was rough, but we got there safely took him to downtown and showed him
what I experienced last week, needless to say, he said exactly the same, and we
won’t be coming again.
I would like to go on a shore excursion trip which is
organised by the cruise line with next visit. Was thinking of just getting a
taxi to beach, on my own, but I don’t think so. Would like to see what the
island looks like and then spend one day, on one of the nice beaches, think
they are private beaches. Anyway will see what happens next week for Hubby will
be working.
On our way back to ship Hubby was hungry, so bought a banana
along the way but must be the most expensive banana we have, ever bought paid,
R10 for 1 banana!!! Last visit I told
you about the old man on the donkey, well this time I took a photograph of him,
wish I was closer but if you are too close, then they want to be paid for
taking a photo of them!!!
Well until next time,cheers
12 April 2014: @SEA
On our way back to the big Apple!! So will be at sea for the
next 2 days. This morning had a nice workout in the gym, and was just in time
for breakfast. Was thinking of trying something different for a change but went
back to my old favourite breakfast when it came to decision time!!
Joined hubby for lunch in the crew mesh, must say I stand
out like a sore thumb because most of workers are Pilipino. When we eat in the
Garden Café you blend in as a passenger but there hubby stands out, with his
beautiful, white uniform, My Kaptein!! Sea a bit rough today and it started
raining, so I must admit creeping under the duvet, to watch a movie, does not
sound too bad. Well bye until next time.
13 April 2014 ERENS IN DIE DIEP OOP SEE!!
n Fantastiese dag vir die passasiers, is hulle laaste dag op
die skip en hulle het, mooi sonskyn weer en die see is plat.Ek sit alweer met n
jean en langmou hemp maar lyk my vir mense van New York is hierdie warm, in
vergelyking met wat hulle gewoont is.
Ek en Liefie, het
vanoggend weer lekker gegym en ons gaan probeer om die magies plat te kry.
30 days to fabulous abs!!! Sal maar sien hoe dit gaan, maar
kan se, loop met seer en stywe maag rond, so iets werk!! En ai, hierdie lieflike
hallo en goodbye armpies van my, gaan hulle ook probeer vasvat,my dood geskrik
toe ek sien hoe ek regtig lyk op een van die fotos,nie gedink dis so erg nie of
wou dit nie glo nie ,die ouderdom n fieslike ding en lyk my hy bekruip jou
sonder dat jy dit besef.
Het mos my hardloop skoene opgehang maar nou stap ek maar en
doen ander oefeninge wil net aan die gang bly, want lyk my as jy gaan stil sit
en niks doen nie, bekruip pyne en allerhande ander kwale jou van agter en voor
jy weet het hy jou in sy greep.
Dink ek sal, die middag tee drinker moet afskaal of net tee
drink en die ou verleidelike goed,moet los, maar ai, dis nogal moeilik want
hulle, praat met jou en wink jou nader
en se eet my!!! Laat my dink, aan n pasient wat eenkeer gese het hy het n probleem, die een Savanna roep die ander een en voor jy weet het
jy n hele paar gedrink.
Nou ja mooi bly tot volgende keer.
No comments:
Post a Comment