Tuesday, 22 April 2014

Samana


20 April 2014: Samana( CAYO LEVANDANDO ISLAND)

Wat n fantastiese dag op n privaat eiland in die Karibiese see!!! Vir 4 ure op die eiland gewees en moet se dis wat ek verwag van n tropiese eiland in die middle van die see.Hemels gewees,op n le bank gele onder n palmboom,met n ongelooflike uitsig oor die see en  n Pina Collada in die hand!!! Eintlik skaam om dit oor te vertel, was ongelooflik, net Liefie het gekort, maar hy werk vandag.

 

Vanoggend 9.30 met n tender boot na die eiland geneem,is n privaat maatskappy wat die gaste na die eiland neem en ek het n komplimentere kaartjie gekry, so verniet daarheen geneem.Gaste betaal $15 elk, vir retoer kaartjie.Wens ek het dit al lankal gedoen, dis presies soos ek so n eiland voorgestel het.Hopelik is Liefie volgende week af en ons kan dit saam doen, sal baie graag wil he hy moet dit beleef.

Die water het daardie pragtige ligte blou kleur,met ons skip in die agtergrond en die hoof eiland Samana.Het al foto van privaat eiland op blog gesit en min geweet, dis waarheen ek vandag toe is.

Besluit, nee vandag doen ek die eiland ding!! Le bank, en eiland drankie!!,maar het ook toe n ou snertsie rum in pina collada laat sit,was heerlik.Gelukkig te min om iets te doen en Liefie nie by nie, toe vat ek my kans.Hy mag mos geen drank drink terwyl hy besig is met kontrak nie.

 

Ek besluit toe nee, vir die son sien ek nie kans nie en het my le bank reg onder n coconut boom laat sit, 4 m van die water.Net toe ek my le kry, sien ek hier gaan iets aan, voor my en wraggies daar is toe n sealion show met n regte, egte, lewendige sealion.Die toeriste betaal en dan kan hulle saam met hom swem en aan hom vat en hy lyk asof hy jou  soentjie gee,kan jy glo, reg voor my.Het heelwat fotos en het dit nogal geniet.Lyk my vir kos doen hy enigiets!

 

Eers natuurlik gekyk wat en hoe die ander toeriste  goed bestel en toe vir my n Pina Collada bestel,

Sonder rum maar toe hy met die bottle RUM  n paar oomblikke later omkom toe dink ek hier is my kans en moet erken was vir my heerlik.So toe moes ek myself afneem op my tropiese eiland met my pynappel in die hand!!Die drankie het my $6 gekos.

 

Later ook lekker geswem en was omtrent vol sand , het 3 keer geswem in my tyd op die eiland.Het ook n slapie ingekry en vir n rukkie boek gelees maar vir my heerlik om net die mense dop te hou.Langs my op die strand het n hele gesin Spanjaarde vir die dag kom swem en kuier en hulle was net so intressant,ook besef om Spaans baas te raak sal seker n jaar vat!!!

 

Trek darem al by 9 woorde:

Hola/Hallo

Beunos Dias/ Good morning

Please/ Por Favor

Gracias/Dankie

Mi Nombre/My name is

Como estas/How are you?

Bien/ Good

Muy Bien/Very good

Maso Menos/SO SO

Wel, so net na 2, weer terug skip toe,ek geniet nogal die tender bote wat so bietjie rol of moet ek se jy tref die branders en dan sak jy mos met n slag.Exciting, maar moet ook nie te rof wees nie.Van die 1 Mei gaan ons na Port Canaveral en GSC Bahamas en Nassau Bahamas toe en dan weer New York.So volgende week ons laaste week, hierheen.

In Bahamas glo ook n privaat eiland, so sien nogal uit na die nuwe roete.Dink in Port Canaveral is die NASA sentrum wat intressant sal wees om te besoek,nie dat ek enige begeerte het om maan toe te gaan nie!! Gedink ons doen Bermuda maar nie nou nie .Begin dan in Boston en doen dan Bermuda tot in Sept en daarna Portland ME,Halifax NS, Charlottetown PEI, Gaspe PQ, La Baie PQ, Qubec City Kanada,Sydney NS,Saint John NB, waar die plekke is weet ek nie eers nie!!! Moet nog kyk.

Nou ja klaar vir die dag en lyk my Liefie baie besig, hom nog glad nie gesien of met hom gepraat nie,net by verpleegster gehoor hy oppad na Staff-Captain en dis sy baas op die skip so hoop niks ernstigs nie,moes gister n ou oom laat afsit van skip agv erge Hartversaking en dit wragtig 30 min voor die skip moes ry uit hawe.Chow!/Bye

21 April 2014:@SEA

Weer oppad New York toe, so vir 2 dae op die see.Gister was toe n besige dag vir Liefie, vrou met drank jorries (DTs) en hulle mos soms onhanteerbaar,so op n skip kan dit moeilik raak,dop hou met valk oog.Sekuritiet voor die deur.

Vandag lekker sleg,laat geslaap en toe laat ontbyt gaan eet  want eers op boontoe toe roomstuard  opgedaag het.Ek het toe ontbyt gaan eet en Liefie is kantoor toe vir paar e-mails en om pasiente te ontslaan.Vandag na ons datums by die huis gekyk en ons bepanning gedoen, skoon opgewonde, al baie lus vir n vuurtjie en n ou choppie.

 

Die gym le en wag vir ons, maar mens voel mos altyd baie beter as jy eers oefening gedoen het.Het gister ook lank borduur werk gedoen en lyk my, as ek eers begin, hou ek nie op nie!! Se elke keer net nog 1 blom en dan nog een en so gaan dit tot watter tyd toe.Dink nie ek sal die hele tafel lappie klaar kry met die trip nie maar maak ook nie saak nie.

 

Probeer vir Liefie ook intrek in die Spaans maar al wat ek uit hom kry is, CERO,UNO,DOS,TRES,EN SOMS CUATRO dit is 0,1,2,3,4  como estas???? Geen reaksie,  so lyk my dis hopeloos,kry net daardie ver uitdrukking in sy oe!!  Voor donker , op die 12de dek buite, weer aandete geeet,gebruik ons geleenthede want hoe nader ons aan New York kom, hoe koeler is dit en buite eet, nie dan n plesier nie.

22 April 2014: @ Sea

Vanogggend weer gaan gym en lekker gestoombad ,moet bieg is seer op plekke wat ek nie eers geweet het ek het nie!!Probeer hard werk aan die ou arms,maag , bene en boude.Vamiddag saam met Liefie in die crew mesh gaan eet maar net gepik want toe nog vol van ontbyt. Vandag is dit weer tyd vir custom vorms  invul, wat ons moet ingee as ons afklim in New York,dis nou net ons passasiers en nie die crew nie.

Ek sit nou weer rustig in die biblioteek, my spesiale plek op die boot,pragtige uitsig oor die see en doodstil.Sit by n heerlike groot lessenaar met n lampie,daar is ook lekker stoele en banke waarop jy kan sit en ontspan terwyl jy lees.Het ook n groot verskeidenheid boeke en lyk my daar is van die passasiers wat hulle boeke aan die boot skenk na hulle vakansie,so dis ook lekker want kry dan ook nuwe boeke.More New York en Liefie af, so ons wil taxi vat na 9/11 world trade centre.Wou stap maar dit lyk ver, van ons Pier 88 waar ons dok, tot by 9/11.

 

Vanoggend op die nuus gesien, hulle wil die perde karre in Central Park dalk tot niet maak, so volgende week dit probeer doen, voor hulle dit stop sit.Hulle het n insetsel gewys waar die perde karre in die sneeu ry en moet se, dit het nogal mooi gelyk.Wil ook kyk of ons dalk kan uitkom by Little Italy en 5th avenue waar al die mooi winkels is, sal daar maar net kyk!!. Nou ja mooi bly.

 

 

 

No comments:

Post a Comment