17 April 2014: San Juan Puerto Rico
We are still at sea but only dock at 15h00, went to my
second Spanish lesson this morning and so glad, I have had this opportunity,
but I find trying to learn a new language ,difficult, lyk my die grys stof het
te lank terug regtig gewerk!! but I am
going to give it a go!! My aim will be, to be able to help myself when I am in
a Spanish port or country.
Hubby, has gone to the gym for his daily workout, then we
will have a nice lunch, so that we will be ready for our exploring of San Juan.
Que tengas un buen dia (Have a nice day) .
Well , we arrived in a hot and windy San Juan.Then we
decided to walk all along the waterfront to the El Morro Castle that greets
you, when you enter the harbour.Took some beautifull photographs along the
way.Had to laugh at hubby, because I was complaining of feeling off balans when
we started our walk, only to hear (jy is nou n regte skip kat!! en dis jou see
bene wat jou so laat voel)
Well, so now I am officialy a sailor!! Or should I say SKIP
KAT!! We stopped at the castle and spent some time there, lying on the thick
old walls, looking over the sea.Amazing feeling, feels like going back in
time.Spent the afternoon strolling along the sea, and we passed 2 wedding
ceremonies with the most amazing views, took some photos to show you.
Then we stopped at an icecream shop with the most delisious
icecream, topped with fresh fruit, strawberries, kiwi fruit and blackberries,
cost us and arm and a leg but was worth it, R70 for big tub!! Also had free
wi-fi which was great, so we used the oppertunety.Last stop was at the CVS
pharmacy for our stocks for the week!! Supper was on deck 12 again, while we
were leaving harbour.
18 April 2014: (Paas Vrydag) St Maarten:
Het vanogend 8h00 in St Maarten aanggekom,is PAAS VRYDAG, so
alles is toe, hier in St Maarten.Bitter min winkels is oop, was eintlik baie
special, toe ek in 1 winkel instap en hulle speel mooi christelike musiek,sommer
huis toe verlang , na die bekende en hoe ons dinge vier en herdenk.
Kon darem toe ek vamiddag terug klim op boot, in die skip
kapel uitkom, om net rustig te raak,en op my manier Paasfees hier
te vier ,doer in die vreemde.So
geseende Paasfees vir almal tuis.
Ek het vandag op n toer gegaan, best of St Maarten Scenic Drive &
Beach.Wel, dit was n eye opener in meer as I opsig.Die eilande laat my baie
dink aan Mauritius, se woonbuurtes,die oorde is mooi en modern maar in die
straaitjies en woonbuurte is dit n ander storie.Hierso is n Dutch kant en n
Franse kant op die eiland .Kan jy glo verskillende geld eenheid,taal,polisie,
onderwys, kragpunte,parlement, noem maar op en wragtig as jy bel van een kant
na die ander kant op eiland is dit n INTERNATIONALE oproep!!!
Het ook die privaat eiland St Barts gesien waar al die rykes
heen vlug om weg te kom van die paparazzi! Na toer, deur n deel van die Franse
en Dutch kant, is ons afgelaai by Orient beach genomineer as een van die 10
beste strande in die wereld!! Dit is pragtig,sal fotos oplaai vir julle.
Wel wat n ondervinding het op my gewag,besluit ek gaan
bietjie stap op die pragtige lang strand en toe uitgekom by die nudiste
strand,kan glad nie verstaan dat mense gemaklik voel om so kaalstert rond te
loop nie,en daar is iets van alles, jong mense ,ou
mense,vettes,maeres,lelikes,snaakses,en kan nie eers alles oor vertel nie!!!en
hulle gemaklik,vir my baie vreemd gewees
en nee dankie ek sal defnitief nie so iets kan doen nie.
Weet nie eers hoe om dit te beskryf nie,gelukkig het ek my
donker bril opgehad,en ek het geswem maar met my swembroek aan!!! Boring!! When
in Rome do as the Romens do!!!
Een ding wat wel so
is,is jy hoef glad nie sleg te voel oor al jou foute nie, hier is iets van als,
vetrolle,spatare, sproete, selluliet,vlekke,groot boude, klein boude, plat
boude,hang tieties,klein tieties,groot tieties, noem maar op!!!
Het my kamera dadelik weggesit want daar is borde op die strand
wat se, geen fotos!Nog iets wat vir my
vreemd is op die strande, is die sambriele en le stoele,hulle is orals en jy
huur hulle op die strande.Moet se, eintlik heel gemaklik, want nou piekel jy
nie strand toe met dit ook nog nie.
Wel, dit was my intressante dag gewees,more is Liefie darem
af en ons wil stap na lekker strand en
net daar sleg wees.Sal daarheen stap maar terug, gaan ek maar taxi nader
wink!!!! Dink ek sal Liefie kan oortuig, na n dag in die son.Hasta Luego!! (See
you later)
19 April 2014: St Thomas
Wel vanoggend was dit weer tyd vir n boot drill vir al die
staf, so Liefie kon eers so half elf afklim
en ons het al 8 uur in hawe aangekom.Ek het toe rustig gaan ontbyt eet
en toe op dek 7 in die ontvangs area gesit en kyk hoe hulle maak, met so n
oefening.Dink dit irriteer die staf vreeslik maar na die ferry ongeluk besef ek
net weer hoe belangrik dit is .
Liefie se hulle is fanaties oor veiligheid en hulle is al so
geoefen dat hulle in hulle slaap weet hoe wat en waar.Het tot rook gebruik en
waterdigte deure, regtig gesluit van die brug af.Dit word automaties gedoen en
ons kamer deur ook so een en is vrek swaar,trek omtrent my arm uit sy pootji
met oopmaak!! Gelukkig het ek fris sterk arms!!!
Hulle laat ook die reddings bote sak en dis ook intressant
om te sien,1 klein reddings boot gesien en toe ek vra wat hy is, toe se
Theunie, dis die nood reddings boot ,baie kleiner en kan vinng beweeg as iemand byvoorbeeld oorboord val.Moet ook
by se, as daardie alarm afgaan so in die oefening, kry ek skoon hoendervleis.
Wel ek baie, beiendruk, ken hulle storie,jy mag nie eers met die regte oefening
die dag voor die boot vertrek uit hawe in New York, mag jy nie eers praat of op
selfoon praat terwyl oefening aan is nie.Ernstige storie.
Is toe laat oggend, dapper stapper weg na Emarald Beach toe,weer
maar winderig en reen wolke oppad.Besluit wel as ons nat reen is dit deel van
die fun.Gelukkig het ons toe uitgekom by ons strand sonder enige reen
bui.Pragtige water en strand met geen siel in die water nie maar dit het ons nie afgesit nie, uitgetrek en die
see in.Theunie kon sy swem inkry en ek natuurlik soos walvisiii in die branders
gedryf!!
Later op die strand gele vir n rukkie maar die wind het
ons die see ingedryf en toe besluit, ons
nee klaar geswem en nou is dit tyd vir terugtog,skip toe.Het hom toe oorreed om
taxi terug te vat en terwyl ons by busstop wag sit daar n Amerikaanse couple
wat ook wag, maar al wat kom is taxi en die wat kom se nee, hule nie publieke
transport nie, toe se die 2 nee hulle
het n kar, want hulle in die hotel waar ons was en hulle bly tot Donderdag,
hulle gaan sommer met eie kar tot in downtown ry, wil ons lift he?( Wou nie met
kar ry nie want jy sukkel met parkering)
Natuurlik gese, nee dit sal great wees en woerts is ons
in.Daar laai hulle ons toe af in downtown en toe begin dit reen,so rukkie in
die reen gestap en besluit, nee, nou vat ons nog n taxi hawe toe.In die hawe is
daar n hele kompleks met hope winkels en daarso weer geswig voor die roomys!!!
Liefie is toe honger want hy het nie ontbyt gehad nie.So middagete was n tub
roomys en n sjokelade dounut,baie gesond!!!
All aboard en ons nou weer oppad na Samana,Liefie werk
more en ek klim more op tender boot na n
privaat eiland vir die dag.Sal maar sien wat die dag inhou, hopelik kan ek
darem mooi fotos neem.
Nou ja,tot volgende keer mooi bly.
No comments:
Post a Comment