25 April 2014: @SEA
Gym toe gewees en verder, bitter lui dag gehad!! Movies gekyk,
en borduur werk gedoen, was eintlik bang ek het dalk aan die bed vasgegroei aan
die einde van die dag!!! Liefie het n afskeid gehad vir die Dr wat saam met hom
werk, sy klim af in San Juan, toe is dit koek en tee maar ek het dit gelukkig n
skip gegee.Toe ek hoor die kaptein en staff kaptein was ook by, is ek maar bly,
het dit gemis.Gelukkig het ek darem n stukkie cheese cake later gekry met die
lekkerste strawberries,al ding is, moes dit toe eet met die agterkant van my
tandeborsel geen lepel of vurk gehad nie.Dit was n eerste!! Boer maak n plan.
26 April 2014: San Juan
Liefie werk so dis weer ek ,my kamera,rugsak en gemaklike
skoene vir die middag.Gaan dalk net rustig wees en sit langs die ou hawe muur ,sal maar sien
.Wil 14h00 opgaan na dek 7 en kyk hoe ons inry by hawe, want dis ons laaste
besoek aan San Juan en ek kan se dit is defnitief een van my gunsteling plekke
op die roete.Is glo 27 grade en hulle verwag donderstorms vamiddag,so sal my
sambrieel saam piekel.Tot more Hasta Luego!!
Wil ook by die roomys winkel aangaan, vir die free-Wi-Fi en kan hopelik n paar fotos stuur.Wil n hele
paar opsit van my besoek aan die privaat eiland Cayo Laventando.Dit was vir my
ook n hoogtepunt van die roete,gaan kyk of ek dalk weer daar kan afklim vir die
dag.Liefie werk so hy gaan dit ongelukkig mis, waaroor ek baie sad is,maar nou
ja een van daardie dinge.Hy le nou en vat sy middag slapie, voor hy weer
inval,ons behoort teen 15h00 in die hawe te wees.
No comments:
Post a Comment