Wednesday, 8 October 2014

Halifax en Saint Johns


8 Okt 2014: Halifax

Vanoggend was weer ons en die dokke!! 5 skepe in die hawe van Halifax, so kon nie n prime spot kry nie en moes tevrede wees met gaaitjie aan die onderkant van die dokke.Afgeklim in n groot warehouse en toe weer met busse aangery na die waterfront se winkels.Een van die maatskappye wat ek vroeer van vertel het wat NCL oorgekoop het se een skip ook in hawe, Regent.

Amazing om te dink skielik min of meer 14 000 mense in een hawe vir die dag, as elkeen net R50 spandeer kom ons uit by 7. miljoen! Ongelooflik maar hierso word die passasiers nie aangeval,besteel of wat ook al nie.Busse ry ons ook verniet aan en wree-wifi op die dokke.

Lyk my Maersk containers die hele wereld vol want hierso laai hulle vandag ook n vragskip af en daar is hope van hulle, so lyk my ons moet vir ons aandele in dit koop!!! So die hawe van Halifax is vandag n miernes van bedrywighede.Gelukkig n lieflike sonskyn dag so mens is lus vir rondloop.Hoop die volgende twee dae gaan ook lekker wees want more is dit Saint Johns en dan my gunsteling, Bar Harbour.

In Bar Harbour moet ons weer van die tender bote gebruik maak wat ook vir my lekker is,iets anders.Wil daarso weer orals gaan rondloop  want is so n mooi plek,alles vir my mooi.Hopelik kan ons in Saint Johns  prawns gaan eet  by n bekende eetplek,is glo bekend vir dit.Sal moet kies tussen geld in die sak vir die lughawe of prawns ,sal maar sien wie wen.Hoekom moet daar goed soos budgets wees!!!

Nou ja ,my voorlaaste inskrywing op my blog, dan is dit HUIS TOE!!! hoe se hulle: HOME IS WHERE YOUR HEART IS.Mooi bly

Vanoggend in St Johns aangkom maar slegte weer glo oppad,ek is toe dadelik die state in terwyl weer nog ok is. Weer fotos geneem van die mooi huis deure  en in park beland  wat ook n n begrafplaas is.Kry nie genoeg van die pragtige huise nie.Daarna na die plaaslike mark en sommer net deurgestap.

Weer in die hotel geeeindig waar ons laas keer kom sit het en toe rol die slegte weer behoorlik in,dit stort reen ,digte mis en vreeslike wind.Ek sit nou te lekker hier in die voorportaal van die hotel met n uitsig oor die hawe en bote, hoop daar kom n breek in die weer anders gaan ek pap sop nat by die boot aankom want met hierdie wind vlieg ek dalk as ek die sambrieel  oopmaak.Bevrees ook die einde van coconut prawns  eet want hier is dit nou net hol en terug skip toe.

As die weer so bly gaan ons defnitief nie more met tender bote naby Bar Harbour kan gaan nie so hoop maar vir die beste want eks mal oor Bar Harbour.Sal fotos opsit dan kan julle sien hoe dit lyk buite!!Tot volgende keer mooi bly

No comments:

Post a Comment