Tuesday, 7 October 2014

6 Okt 2014 Sydney


6 Okt 2014 : Sydney

Vanoggend 8h00 in Sydney aangekom  met digte mis wat oor die dorpie gele het, gelukkig toe dit lig kon n  mens die mooi huise sien wat langs die water is.Op die hawe is daar n massiewe viool  wat meters hoog is.Het dit op my blog gesit vir die musiek liefhebbers .Heelwat winkeltjies op die hawe net vir die passasiers en ook n museum met die dorpie se geskiedenis.Ook n piep klein antique winkeltjie met pragtige goed ,gehoor hoe die eienaar vertel dat daar baie ou mense in die dorpie woon en sy so goed inkry wat regtig oud en waardevol is.

Eers al langs die waterkant gestap op n hout paadtjie en toe  winkels toe.Hulle was nou nie vir my vreeslik mooi nie,heelwat plekke wat, to rent is! Ook n draai gemaak by n Angikaanse kerkie en toe by stalletjies met handgemaakde goedere,het my laat dink aan ons kerk basaars.Die huise vir my pragtig met baie detail,venstertjies en stoepies.

Was so bly toe ek in hawe terminaal sit en Liefie laat weet hy gaan kan afklim vir n rukkie,so toe kon ons saam rondloop, het vir n rukkie  onder n groot boom langs huise gaan sit ,dink ons het seker vir die eienaars verdag gelyk of hulle het dadelik geweet die 2, is toeriste!!! Rugsak en kamera in die hand, se dit seker al klaar.More, is ons weer in Halifax.

 

No comments:

Post a Comment