Saturday, 4 October 2014


3 OKT 2014, Quebec:

Vanoggend vroeg in Quebec aangekom in n koue en winderig stad.Gese dis 10 grade buite maar seker was kouer gewees want dit was bitter koud buite en dink die wind het dit erger gemaak.Ons is eers  deur n ouer gedeelte van die stad toe is ons op na die pragtige hotel bo op die bult.Liefie het verlede keer gewerk so het hom eers die hotel gaan wys en is daarna, Stabucks toe vir n heerlike beker hot chocolate met room!!

Was lekker om in lieflike gemaklike leer stoele te sit en al ons internet besigheid te doen terwyl ons lekker hot chocolate drink.Daar het ons weer vir n baie lang tyd vasgeval en omdat dit so onplesierig was buite, was ons nie lus vir rondloop in die koue en wind nie.

Toe vir hom n winkel gaan wys wat lood mannetjies verkoop wat al die verskillende oorloe uitbeeld en ook die pragtigste leer produkte.Een dink kan ek van Quebec se en dit is, dat hulle kwalitiet produkte baie goed is,mooi goed  so jy betaal  vir dit wat jy kry.Weet nie hoe dit is in ander dele van die stad nie maar die dele kan ons aanbeveel.

4 uur was ons terug op die skip sodat die ander Dr en sy vrou ook kon gaan rondloop.Was natuurlik lekker groen toe ek hoor dat hulle gister op n helicopter rit en ook met die seaplane op n excursion was.Nog nie gehoor hoe dit was nie.Omdat ons in Quebec oornag gaan heelwat van die crew vanaand uit vir ete in die stad wat baie lekker klink.

Ons is toe gisteraand in die koue en winderige weer, die stad in, 21h00 in die aand! net om te gaan rondloop ,was weer n ander ondervinding om die tyd van die aand rond te loop en veilig te wees.Eintlik malligheid maar was ook lekker om so verspot te wees, eers in parkie gaan sit en toe die strate in.Nie lank gehou nie toe se ons nee wraggies, kry nou  te koud en wil nou eerder terug bed toe!! Regte ou mense.Beslis nie die regte klere vir die tipe koue weer nie.Oooo en was ons nie bly om in ons warm bed te klim nie, sommer lekker snoesig geslaap en soos konings gevoel. n Seen en vooreg.

Gaan vandag na 11h00 weer die stad invaar sodra die ander Dr terug is van sy rondloop, beurt.Lyk my Liefie klim in onder die arme passasiers want het al 3 van hulle vanoggend hospitaal toe gestuur.Maak skoon voor ons weer vamidddag die siep see aanvat en klink asof die weer maar gaan lol.Koue front voorspel vir ons dele en weer hitte golf aan die ander kant van die land.Weer is deurmekaar!

Hoop net ons kan Maandag in Sydney aangaan want ons laaste kans.Vanoggend, saved by the bell !! Was besig in die gym op die trap masjien toe ons verjaag is deur die werkers wat hulle kom nasien en regmaak.Was natuurlik toe n goeie verskoning om maar die gym sessie kort te knip en eerder die eetsaal in te vaar!!!!

Nou ja tot volgende keer mooi bly.

No comments:

Post a Comment