Friday, 3 October 2014


30 Sept 2014: Charlottetown

Vanoggend was ek bitter lui en wou nie opstaan nie,was lus vir inle, veral toe ek sien dit is toegetrek buite en lyk soos onder die kombers bly weer.Het toe darem later myself opgekry en toe is dit weer strate toe.Koud buite en myself lekker warm aangetrek.

Eers is ek die woonbuurte in en al langs die see afgestap tot by Victoria Park en verby nog pragtige huise.Die een huis se naam is Beaconsfield en sal vir julle foto op blog sit, so mooi met n uitsig oor die see.Toe is ek op n houtpaadtjie al langs die see tot by spul kanonne, wat nou nie eintlik my ding is nie!! Langs die pad het ek n ou chinese vrou gekry wat musiek speel en snaakse bewegings doen,sulke stadige bewegings,eintlik gedink wow sy het nie saak met engiemand nie, doen haar ding amazing, lyk eintlik kalmerend en rustig.Laat my aan Karate Kid dink.

Toe onthou ek van n baie nice leer winkel en wil vir myself iets koop as aandenking van Kanada en is terug na dit toe,daarso toe vir my n bloedrooi leer makeup sakkie gekoop ,so baie beindruk met my kopie.Dis een lekker ding as jy meer as 1 keer na n plek toe kom ,die eerste keer kyk jy net . Het hoeka in Quebec ook leer sakkies gesien maar die een is beslis n beter koop, vir die prys.

Het n bruin beursie en sakkie vir my 26 jr gelede in Italie gekoop en hulle is saam op die reis, moet net die beursie se rits laat regmaak, dis wraggies die jaar toe ons getroud is,many moons ago!!! My man sal seker se, ja mens kan dit sien,maar ek is nog net so erg oor die ou ding, na al die jare!!

Nou ja tot volgende keer.

 

No comments:

Post a Comment