31 March 2014: DAY 6 ON THE GEM
Kan nie glo, ek is nou presies n week, weg van die huis
nie.Vir my baie lekker om by Liefie te wees en ek so dankbaar, ek kan heeltyd
saam seil.Mens hoort bymekaar en die werk sou nie gewerk het as ek nie kon saam
kom nie,mens verlang te veel ,en 3 maande is lank, al klink dit na niks nie.
Ons is op die oomblik in St Thomas van vanoggend 8h00 en ry
weer vanaand 17h00.Ek het heerlike dag gehad maar moes alleen die eiland aanpak
want Theunie werk vandag en mag dan glad nie van die skip afklim nie.So ek het
vanoggend eers n stewige ontbyt geeet en toe is dit tyd vir STAP en ek bedoel
stap!!
Kon n taxi gevat het maar dis baie lekkerder om die eilande
te voet aan te pak.Regverdig dan natuurlik die lekker eet met oooooo, het mos
baie ver gestap vandag!!Het eers natuurlik by die mark gestop en daar lekker
rondgeloop en al die intressante goed gekyk.Die eiland het ook baie juwele
winkels en dit hou my ure besig,mal oor juwele, al kyk ek net.
Toe vat ek die lang pad strand toe, want ek wil mos gaan
swem in die helder blou of kan eerder se turquoise water.Eers stop ek by
stalletjie op straat en koop vir my n piesang vir 50c want toe begin ek half
flou voel van al die gestap.Nou ja, na wat gevoel het soos 10 km kom ek
uiteindelik uit by die lughawe en ek weet daar is strandtji naby hom waar ek
kan swem.
Theunie gaan nog vir my die afstand meet as ons weer hier is,
dan gaan hy hardloop en ek dink ek sal taxi vat vir $6!!! Nou net toe ek dink
veel verder gaan ek nie oorleef nie want dis warm, hulle se 25 grade maar ek
dink dit was warmer.Toe vra ek n ou oom wat koerant sit en lees waar is strand
en gelukkig se hy nee loop nou net tussen die plante deur en jy is op die
strand.
Was ek nou bly, om die see te sien en is eintlik so n
privaat strand langs die kus,met die mooiste mooiste turquoise water. Uitgetrek
en toe is ek die see in,ongelooflik ,veral as mens so n wilde stap agter die
rug het en moeg is.Natuurlik met 1 oog my sak dopgehou op strand nog nie
daardie steel ding uit my sisteem nie.
Theunie terg my, eintlik oor dit want op die skip is daar
mos orals kameras .so steel nie hier n goeie keuse nie want hulle sien sommer
baie gou wie die skuldige is en personeel word onmiddelik gefire vir so n
oortreding.Weet nie wat doen hulle met die passasiers nie, sit jou seker in die
skip JAIL!!!!! Daar is wragtig een op die skip.
Mooi fotos geneem maar ek sukkel om hulle te laai want wi-fi
nie so vinnig hierso op skip nie, miskien sal ek volgende week in St Maarten by
die vinnige w-fi goed probeer stuur.
Toe dit tyd is vir terug gaan, toe dink ek nee, bogger dit,genoeg oefening
vir 1 dag,tel my geld en besluit ek vat taxi, en die bestuurder toe die dierbaarste ou man, sit toe heel voor by hom
en oppad terug gaan ons verby die begrafplaasen hy se vir my, sy ou vroutji en
2 kinders le daar en wag vir hom.Se toe vir hom ja te minste weet ons, ons sal
weer eendag by hulle wees en dis n pad wat almal nog moet stap,by dit sal jy
nie verby kom nie.
Nou ja n baie spesiale dag gehad en dankbaar, klaar gestort
en sit nou in die biblioteek waar ek elke dag sit en my goeters doen.Heerlik
want is stil en koel en het n view to die for!!! Mooi bly
Awesume walk n swim n a chikked but 'connected' taxi drive back....baie spesiaal! !! Xxx
ReplyDelete