Tuesday, 25 March 2014

The Hilton Hotel New York

Ek is darem veilig in New York na n lekker vlug.Het oop sitplek langs my gehad,so dit was hemels, ek kon le en slaap, na n  lekker aandete, met n glasie wyn!! en toe kyk ek
My 12 years as a Slave.
Dit was n fout,pragtig maar hartseer en vat nie veel om my aan die huil te kry nie, want toe huil ek lekker.Raak seker oud kan nie hartseer stories vat nie.
Kyk ek weet nou al die verskillende maniere, van le op 2 sitplekke,die kant toe, daai kant toe, noem maar op, sien baie uit na my bed vanaand.

Vanoggend so 5.45 op JFK lughawe geland en was asemrowend mooi gewees,orals sulke klein eilandtjies,  natuurlik was kamera in my sak weggesit maar hopelik sal ek van nou af meer paraad wees en reg met die kamera.

Op lughawe verdwaal want moes airtrain vat en toe op verkeerde plek afgeklim maar toe darem by die shuttle terminaal uitgekom uiteindelik!! wragies n ligte sweet opgedoen met al die rondloop!! so bly het nie in my winterboots gevlieg nie en wragtig voor ek nog bel staan hotel bussie daar reg voor my en moet bieg was bitter bly en dankbaar

Nou sit ek in die hotel lobby, want te vroeg vir check in, maar sodra ek kan, is dit bad en bed toe vir my.
More klim ek op die boot en vreeslik opgewonde.
Moet se, lag vir myself met my 2 tasse wat lyk asof hulle geshrink wrap is en reg is om maan toe te gaan!! N Chisese girl het hoeka iets vir haar vriende gese oor die tasse wat so lyk ,hulle dink seker ons is mal en wat makeer ons,hoekom sal mens nou dit aan jou tasse doen!!

Nou ja tot volgende keer.

4 comments:

  1. Soooooo glad u r safely there!!! From the heat of the past few days n nights it is RAINING!!! Whoop whoop...wil net dans!!! U won't believe it but we hv a fire burning...dis nat en koud! Talk about extremes!? Loads of lv xxx

    ReplyDelete
  2. Jy's stil en ekke BARS om te weet van die surprise mev...xxx

    ReplyDelete
  3. Happy heppie gelukkige 50th birthday my dear friend!!! May it be an asemrowende one neva to forget! !! En onthou die portthole vir so n 'night cap'.....;-)

    ReplyDelete
  4. Heppie heppie heppie vir die groot verjaar! Hoop dit gaan n geseende, gelukkige en voorspoedige jaar vir jou wees! Hoop jy het n heerlike verjaarsdag daar in The Big Apple en dat jou boottrippie net pure lekkerte sal wees. Stuur tog liefde vir onse dr Liefie en se tog vir hom dat hy gladnie te shabby lyk in sy suit nie! Sien jou in P.E in Junie! xxx

    ReplyDelete