8 Feb 2015 Tampa
Vandag alleen afgeklim en toe weer die strate ingevaar,was
koel op die dek vanoggend en gedink gaan weer koelerig wees soos verlede week
en heeltemal te warm aangetrek.Pragtige sonnige
dag in Tampa met geen wind.Fotos geneem en op my tyd n hele nuwe deel
plat gestap,toe ek naderhand warm kry
besluit nee is nou tyd vir die
hotel en sy lugverkoeling.Het nou aanvaar gaan geen fotos op my blog kan laai
nie so julle gaan maar tevrede moet wees met net my gegorrel soos my man dit
noem.Het vandag n hele paar fotos vir van julle ge email hoop julle kry
dit.Daar is so baie fotos en wil so graag dit met julle deel maar nou ja that’s
life ne.Dink ek moet vir manlief se, ek dink ek het n nuwe laptop nodig!! Was
14h00 weer terug op die skip en honger, so eers op die buite dek weer lekker
gaan eet!!! Beplan om met sailaway 16h00 vir julle n paar fotos van Tampa te
neem wat ek dan op facebook sal sit.Nou ja tot more mooi bly
9 Feb 2015 @SEA
Deur die nag het dit weer rowwerig gegaan want
vanoggend wakker geword en ons 2
eendjies in porthole vensterbank het skoon in hoek inbeweeg/geskuif.Dis nou my
aanduiding hoe die see is,want as hulle op hulle plekkie bly dan weet jy see
rustig en as hulle geskuif het,rof!! Hulle is vir my te koslik.Het weer begin
teken na jare en die een hele muur volgeplak van al my kuns!!! My man was reg,
het sy spasie kom onderste bo keer maar gelukkig wil hy my nogsteeds he!!! Sy
chirp, ek kan nie kla van n vervelige lewe saam met hom nie ,ek se dis
verseker, het al paar sakke sout opgeeet!!! Later gym toe en het omtrent
vanoggend n sweet opgewerk wat nie sommer gebeur nie maar party dae voel mens
mos net sterker as ander dae,partykeer voel dit die petrol kom net nie deur nie
en ander dae kan jy die wereld versit,so sterk soos n bees.Liefie sal vamiddag
gym toe want hy help in die kliniek vanoggend maar ons het darm voor ek gym toe
is n paar rondtes op die dek gestap wat ook baie lekker was,wind in die hare en
vars see lug.Agter die skip was n paar
lelike wolke maar lyk my ons het hulle agtergelaat want oopgetrek en dink gaan
lekker dag wees,bly vir die passasiers, hulle le soos sardientjies langs die
swembaddens op dek 11.Vergeet dat baie van hulle uit dele in Amerika kom waar
dit nou mos winter is en vrek koud.Dit klink vir my of Liefie se volgende
kontrak Alaska gaan wees maar van Vancouver en na 2 ander dorpe waar ons nog
nie was nie ,so dit klink baie opwindend,ek was mal oor Alaska,laas het ons van
Seattle vertrek wat in Amerika val en Vanvouver val in Kanada,so dis alweer n
visa vir my!! Het met eerste besoek daar nie n blog gehou nie waaroor ek baie
spyt is maar die keer sal ek reg wees, sal net moet sorg dat my fotos gelaai
kan word want dis regtig iets besonders.Ongerep en asof die tyd stil gestaan
het in die verlede,vir my pragtig.Met ons besoek na Seattle het ek elke week
blomme op die mark gaan koop vir ons kamer en het die mooiste peonies gekoop,
sal dit nooit vergeet nie,was vir my baie spesiaal,by ons is hulle mos baie
skaars.Nou ja vamiddag sal ek weer die biblioteek besoek maar sien die bed wink
my alweer nader en dink nie ek gaan my vreeslik tee sit nie!!! Want van more is
dit weer elke dag n port en dan moet ek mos beweeg en gaan sien wat te siene
is.Mooi bly tot volgende keer.
10 Feb 2015 Roatan
Vanoggend 10h00 in Roatan aangekom maar Liefie werk so ek op
my eie toe het ek dinge baie stadig gevat .Later besluit gaan sommer saam met
Ulrika die ander dr aan boord en 2 van haar vriende gaan stap.Ons is by die
hawe gebied uit in die ander rigting as wat ek en Liefie verlede week gestap
het.Wel dit was ook maar n eye opener, derde wereld set up,en ook maar vuil,
vervalle en gedaan,sou beslis nie alleen rondloop nie. Die honde almal maer en
meeste aan ketting vas in hulle
agterplaas ,het darem n hout hokkie vir hulle.Het n paar intressante fotos
geneem van die apteek,tandarts,oogkundige,munisipalitiets se kantore,n kar,die
kragdrade is iets soos uit horror movie,as dit op jou val is jy verseker dood!! Sal dit maar moet e-mail.Daar
het ook n man verby ons gekom wat probeer het om van sy zolle aan ons te
verkoop maar dink daar is dalk meer as net twak in hulle!! Het tot honde op die
dokke in Cozumel wat vrugte uitsnuffel ,wat nog te se zolle!!!. As hulle jou
vang met die vrugte kan jy to $500 boete betaal!!! Moet erken voel elke week
,hond jy kom sit net nie by my sak nie want ek sit soms vrugte in my sak vir Liefie
wat hou van n snack later in die aand ( party gewoontes verander mos nie!!)
maar weet jy mag niks van die skip afneem nie.Dink hy mis sy yskas eetery in
die middel van die nag. Vamiddag net
voor ons moes vertrek weer n arme ou oom gedisembark so wonder wat was fout met hom, moet erken dink nie ek sal wil
he hulle moet my hierso alleen aflaai nie,arme oom moes toe gehaal word deur
lugambulans want hulle het geen hospital hierso nie,leeuwereld!!Verder lekker
dag gehad en nou weer oppad na Belize,tot volgende keer,mooi bly.
11 Feb 2015 Belize:
Vandag is Liefie af so ons weer oppad na ons gewone plekkie
vir n dag langs die swembad,dink vir hom ook lekker want daarso is hy ook net
nog n toeris.Ons kan eers later af van die skip want hy staan in vir sy kollega
wat vanoggend n kurses doen so ons moet wag tot sy terug is voor ons op die
tender boot kan klim.Hoop ons kry weer een van die groot bote wat lekker groot
enjins het dan laat waai hulle! Oooo mal daaroor en veral daardie reuk van die
enjin/petrol.Kan onthou as n kind was ek ook mal oor die reuk van die teerpale
op die plaas en malassas wat my Pa op die kuilvoer gegooi het,het in sulke
groot dromme gekom ,ai so maak reuke, dit vat jou terug na tye lank
gelede.Spesiale tye.As ek weer pers mum ruik dan is ek weer terug in Europa toe
ek daarso rondgetoer het in 1988 many moons ago! Wel nou genoeg van reuke,of so
van reuke gepraat gedink daar le vir ons n k…. dag voor want toilet wou eers
vanoggend nie werk nie maar dankie tog later weer sy vacuum terug gekry en als
weg!!! Dis nou een ding van die skip toilette hulle praat met n stem!! of suig
dat dit bars jy is eintlik bang van jou binnegoed bly dalk in die slag of word
ook uitgesuig. So gelag vir Liefie want hy se, het al vroeer gebeur dat dit nie
wil werk toe hy alleen was, dan weet die
ou hy die skuldige maar gelukkig met my hier, gaan hy hopelik dink ek is die
skuldige!!! Binnekamer stories!!! Wel nou wag ons maar tot ons die groen lig
kry, vir land toe.Net na 11h00 toe is dit tyd vir afklim en land toe moes
ongelukkig onder in die tender boot sit want was al vol met al die passasiers.3
Skepe vandag in Belize City so hawe gebied was vol en besig.By die een eetplek
wat se: daycare for husbands het dit jolig gegaan en daar is gesing en gedans
so weet nie hoe hulle teen vamiddag gaan voel na n dag in die son nie.Ons het
ons toe weer rustig langs die swembad tuisgemaak met n glas vol ys en n sprite
zero!! Ooooo al lus vir n lekker glasie wyn of Savanna.Was darem n paar keer
weer in die swembad en voor ons weet was dit weer tyd vir tenderbote toe.Ons is
terug skip toe op n lieflike groot oop boot en kon heel bo sit,kon darem vir
Liefie oorreed om n paar fotos te neem,hoe se die kinders watch this space!!Nou
ja tot more mooi bly.
12 Feb 2015 Costa Maya
Vanoggend maar stadig aan die gang gekom en reeds gisteraand
besluit gaan vandag maar dinge rustig vat,sal eerder volgende week as Liefie
weer af is na die hoof strand gedeelte
toe te gaan.So dit beteken voet slaan,maar sal die keer luister en my tekkies
aantrek!! Hy sal my dan onder n palmboom los en dan wil hy bietjie gaan
hardloop,ek het natuurlik geen beswaar teen die voorstel nie.Lielike dag gewees
en eers rondgeloop tussen die stalletjies moet erken al wat vreeslik irriterend
is, elke 2de ou vra jou om na sy winkeltjie te kom kyk seker ook maar desperaat
vir besigheid.Net om julle n idee te gee soms is die gemiddelde ouderdom van
die gaste op die skip 65, dink hulle afhanklik van die skip passasiers en die
jonger mense spandeer meer as die ouer garde.Het weer langs die dolfyne poel
gaan sit/le en daar vertoef vir n lang ruk onder my eie palm tak huisie!!Ons
probeer om nie geld op kos te spandeer nie maar ek al so lus om soos die ander
passasiers n lekker yskouse magarieta en n lekker groot bord kos te bestel
terwyl ek daarso le,lyk net lekker maar soos ek se, eendag! Dink so aan ons een
vriend wat gese het as jy jonk is het jy nie die geld om dinge te doen nie maar
as jy weer ouer is, het jy die geld maar kan nerens heen gaan nie, so lyk my is
maar altyd n gelol.More is ons in Cozumel en ons hoop om op n snorkel excurtion
te gaan na 3 verskillende duikplekke so hou duim vas plek vir ons en lekker
weer.Tot more mooi bly.
No comments:
Post a Comment