Tuesday, 10 March 2015

1 March Tampa


1 March 2015 Tampa

On Sunday the 1 st March we sailed into Tampa on an overcast day that looked grey and broody! This would be my last rondloop before I get off.Hubby left early because he could get off before me so we decided to meet each other at our normal meeting place, in the lobby of the Marriot Hotel on the River Walk Way.When you to lazy to walk around and go sightseeing it is time to go home!!!Had our normal big cup of hotchocolate with cream on top, for the last time.Was  back on the ship before our 3 o clock deadline and then I decided to walk around on deck 11 and 12.Every week you have a different lot of passengers and with my walkabout I reaslised hier gaan dit nog wild raak,spring break!! Lot and lots of young people, students and they are full of energy and want to party.Young girls in teeny weeny bikinis ,so die manne moet sterk wees!! Het n paar videos geneem van die sailaway party, very nice music and these people can dance, maybe time we learnt a few steps!! You cant stand still while watching them before you know it you are also singing along and dancing.So off we went on my last week to Mexico,beautiful sailaway from Tampa Bay.These ships look so gracefull when they glide out of these beautiful ports with sunset.

2 March 2015 @SEA

Vanoggend weer n see dag so baie tyd vir gym en al my goeters!Ons dag het met die wonderlike nuus begin dat die registrasie van die praktyk gebou  deur en afgehandel is.Presies 27 maande vandat Liefie daar weg is, op ons nuwe lewensreis.Hys reg, kan nie kla van n vervelige lewe nie, dis vir seker,  omtrent n wilde perd wat ons opgesaal het maar baie geseend vir al die wonderlike geleenthede en baie baie dankbaar, n voorreg.Lyk my soms moet jy net  glo en spring sonder enige waarborge maar maklik is dit beslis nie.Later in die oggend n draai gemaak by van die verskillende praaitjies wat hulle op die skip vir die passasiers aanbied,Cooking demo,How to run a floating hotel,Zumba dance classes,ens.Ook my plek bespreek op die bus Sondag van die skip na die lughawe,so die week wil ek sommer weer alles beleef en inneem,niks mis nie.Lyk my is tyd vir huis toe want alles amper klaar tot ons tandeborsels se hare staan in alle rigtings soos Liefie se, so erg dat jy amper jou neus kielie met hulle terwyl jy tande doen!! OOO hy het ook altyd n ou se- ding wat my lekker laat lag.Die tyd hierso so saam, spesiaal.Toe ek hom n uitslag op my een vinger wys toe se hy dis van te min werk, tyd vir besem vashou!! Cheeky ding.Nou ja tot more.

3 March 2015: Roatan

See was maar weer omgekrap en so n bietji gerol, nou en dan n harde slag as die branders so teen die skip breek maar darem veilig in Roatan ingeseil ,vanoggend.Liefie het n drill voor ons kan afklim in Roatan vandag.Hier is n hele span wat deelneem aan die drill hier in die mediese sentrum waar ons cabin is maar klink vir my pretig en omtrent n gesels.Gaan vandag vir my n sigaar koop vir my Mexikaanse aand, hoop net nie ek het moeilikheid en dat daar meer in is as wat ek dink nie!!Sal maar sorg dat ek die invoice hou en naam van die plek waar ek dit koop.Het mos vertel van die Rasta wat my laas hierso in die staat voorgekeur het met sy rolle sigare,dink hulle kan dalk vir my moeiliheid beteken,wou so graag n fotos van hom neem om jullle te wys,sal moet leer om meer skelm te wees en gouer toe te slaan as niemand kyk nie.Nou ja amper afklim tyd ,tot later.Toe afgeklim en weer langs die waterkant gaan stap ,daarna my sigaar gaan koop en toe in die crew lounge gaan sit en te lekker gepin!

4 March 2015 Belize City

Last night we were woken at 02hoo in the morning from the screams of a young child, then I knew trouble! Hubby was not on duty but a little later he was asked to come and help, so off he went.Only got to sleep after 3 so this morning we weren’t bright eyed and bushy tailed.Today was tendering again to get to Belize and I decided to go and walk around on my last day in Belize.Very humid and hot, so by the time I got back to the tender boats to catch a ride back to the ship I was hot ,sweaty and tired.Went straight up to deck 11 for lunch and then when I got to the medical centre they were all on lunch and I was locked out !!So had to go down to deck 6 and ask them to page Hubby to get me into our cabin.Beautiful day and the water is this beautiful turquoise colour, very inviting.Sailaway at 5 and tomorrow hubby is off so we want to hit the beach early in Costa Maya,and I will be walking with my tekkies !!! after my sore feet with the previous walk to the beach in slip slops.Hope to take a few nice pictures on our last day together on a Mexican beach.

5 Maart 2015 Costa Maya

Vanoggend in Costa Maya aangekom met n see wat onderste bo is,en n sterk wind wat waai,lyk my dis nou elke week se storie.Ons kon darem dok maar 2 ander skepe wat vandag ook moes dok het teen dit besluit en is toe eerder die diep see in en Costa Maya se besoek gelos vir veiligheids redes.Een van die ander kleiner skepe het so n draai kom gooi naby die dok maar toe net aangeseil.Ek en Liefie is toe vroeg oggend weer te voet,die strate in, fishermans village se kant toe.Daar aangekom en net so omgedraai toe ons sien nee wat, vandag nou nie n lekker dag vir die strand nie.Eerder ons weer tuisgemaak reg langs die dolfyne poel onder n palmtak dak en op n lekker le- bank.Die branders  het so nou en dan ons skrik gemaak en ons amper pap nat gemaak.Ek het toe n groot geluk gekry toe die dolfyn hanteerders vir n paar van ons  toelaat om reg langs die poel te gaan staan en ons bietjie meer vertel van hulle,gratis.Natuurlik my kanse gebruik en dadelik nader gestaan.Hulle is darem pragtig en baie spesiale diere, ek sou beslis te geheg raak aan hulle.Teen die tyd wat ons terug is skip toe is ons twee omtrent klam van al die seelug en sproei.More is dit Cozumel en Liefie werk, so ek gaan alleen rondloop vir die laaste keer.Vanoggend het n Delta jet van die aanloop baan in JFK afgegly met landing en so amper in die ysige Hudson Rivier beland!! En ek vlieg oor 2 dae daarheen!!!!Hoop maar vir die beste en dat die weer sal verbeter teen Sondag aand,ek vlieg Maandag laat oggend van JFK huis toe.Solank ons kan vlieg, wil net nie daarso vassit in n blizzard nie.Nou ja tot more.

6 Maart 2015 : Cozumel

Arrived in Cozumel and a beautiful day, the sea is flat and no wind!! So off I went on my last walk about.Very hot and humid today would love to go for a swim.Did a teeny bit of shopping for our bambinos at home and then ended up in starbucks for the last time.Could not get connected so that was the end of any communication with home, hope I can get my last few day of my blog posted before I fly home,so it is a wait and see game.Have had a wonderful 7 weeks with hubby and very thankful for our time together while traveling around in Mexico.As I said earlier our next trip wil be Alaska.So watch this space!!! May or June some time, don’t have any dates yet.Tomorrow the big clean up and packing starts,this cabin is our home from home while we are here, amazing how quickly you adjust to this small space and feel comfortable.So until next time bye.

8 March 2015: Tampa and New York

Vanoggend vroeg opgestaan om betyds te gaan eet voor ek moes afklim.So baie lekker weggele aan die lekker kos vir die laaste keer,ietsie van als.Almal gegroet en toe is dit tyd vir afklim,ek is so teen 9 uur van die skip af en vir my baie sleg om vir Liefie agter te los,want ek weet hy brand om huis toe te gaan, was n lang kontrak van 16 weke.Gelukkig nog net 7 dae dan is dit ook sy tyd vir afklim en huis toe.Hy vlieg van Tampa na Atlanta en dan via Dubai,JHB toe, so gaan ook maar n lang vlug wees.Ons laaste 2 aande kon ons darem op dek 11 aandete eet en was baie spesiaal met n volmaan wat so met tye vir ons geloer het so tussen die wolke deur,ek het natuurlik weer nie my kamera byderhand gehad nie maar gelukkig op my internal hardrive!!! Nou ja en so het die einde van my Mexikaanse trippie ook aangebreek, sit nou op JFK en wag vir my vlug huis toe, moet bieg is al flouerig maar nou ja sal moet sterk wees want  7ure le nog voor ,voor ek kan tasse ingee,omdat vlug eers more is kon ek nie tasse deurboek van Tampa nie,groot gatslag want nou kan julle net die prentjie probeer sien, toilet toe  met 2 tasse, n rugsak en hanksak!!! Kos my ingaan in die familie toilette anders sal ek nie eers deur kan toekry nie ,net my 1 groot tas maak toilet hokkie vol!! Gaan beslis nie bright eyed en bushy tailed wees as ek by ons huisie aankom nie.Vir die vriende en familie wat my Mexikaanse ervarings gelees het, hoop julle het dit geniet want vir my ook lekker om dit met julle te deel.Net jammer kon nie 1 fotos gelaai kry nie.Hierso le die sneeu nog orals maar aanloopbane darem skoongeskraap. So tot volgende keer mooi bly

DIE EINDE /THE END

Sunday, 1 March 2015

Tampa


22 Feb 2015 Tampa

Vanoggend was dit weer tyd vir alleen rondloop want Liefie werk vandag.Lyk my ek was laat vanoggend want toe ek nog vir my ontbyt wou gaan opskep toe maak hulle die eetsaal toe .Moet eers  vertel van gisteraand se avalanche poeding, Liefie wag al heel kontrak om vir my die heerlike poeding te laat proe en gisteraand was dit toe sulke tyd,maar soos hy se, what a come down, hy dink ek gaan ook so mal wees oor dit soos hy en wraggies toe ek se nee, nie vir my so lekker nie, ek hou meer van die roomys,nou is dit muis dik en tyd vir huis toe gaan!!! Darem weer lekker gelag oor die poeding storie. Toe ek by die waterfront aankom vanoggend toe sien ek nee hierso is iets aan die gang en was nie lank nie toe ek besef hulle het n marathon aan die gang nie.Was heerlik om net so tussen die mense te wees en aanhou loop tot ek by die hordes uitgekom het.Was die Gasparilla 4 Tampa challenge gewees. Lyk my 4 verskillende  afstande en as jy al 4 gedoen het dan kry jy die groot gasparilla Michelob Ultra Challenge medalje wat in totaal dan 41.1 km is!!! So jy doen n 5km,8km,13.1km,15km of net dit waarvoor jy kans sien. Het sommer n paar fotos geneem ,  een was van  4 dierbare ouer dames wat my moed gee vir die toekoms ,2 van hulle het wragtig die volle 41.1km gedoen amazing,niks onmootlik nie( foto van hul op FB gesit) en dan n ander vroutji het met  haar medaljes so voor haar uitgepak ,gesit.Nadat ek die spulletjie bekyk het is ek  weer hotel toe.Terug op die skip my vasgeloop in passasiers wat in mediese sentrum is en skip nog nie eers weg nie! Arme oom het buite geval oppad skip toe en klavikel  gebreek en ander vroutjie het bloedklont in die been, so hulle albei se reis het geeeindig voor dit begin het.Die een tannie van die man wat sy klavikel gebreek het, het glo gese sy te bly want wou in die eerste plek nie op die trippie gekom het nie,maar oupa se nee hy gaan sommer self hospital toe ry ,toe se Liefie natuurlik  is daar geen manier nie,verbeel jou, geval ,sy kop gestamp sleutelbeen gebreek en Oupa wil bestuur en dink in die 80!! Moeilikheid op wiele!!So hoop van hier af gaan dit voor die wind.Kan nie glo ons nou in die laaste week in Feb nie maar nou ja tot more, mooi bly.

23 Feb 2015 @SEA

Today we are at sea and a beautiful hot summer day,so everyone is outside enjoying the sun.I did my gym routine and thank goodness the energy and woema is back ,so had a good workout and enjoyed it ,was not a  punishment class!! Hubby is off for the day so think we will definitely be hitting the pillows for our afternoon siesta! Went for our deck 6 walk this morning and felt good, humid outside.It is full moon on the 5th March so hope will be able to take some nice photos.Yesterday I spent a little time on trip advisor about shopping in Cozumel and was so nice to just hear what other people have experienced and what they think of different shops and places.Can recommend it.Quite scary some people have bought from some jewellery shops only to found out later it is a fake gemstone and worth nothing and they paid a fortune.So the ship does have a port shopping  consultant talk where they inform you which shops they recommend you to buy from.

24 Feb 2015 Roatan

Vanoggend in Roatan ingeseil met wolke wat lyk asof hulle vir ons reen gaan bring.Plan was om saam met Ulrika Liefie se kollega strand toe te gaan  maar gelukkig voor ons weg is besluit teen dit want toe het dit toegetrek en die hemele  het oopgemaak.Toe dit later ooptrek het ek besluit om vir n rukkie buite te gaan rondloop en sommer deur die winkels te drentel.Lyk my hierso reen dit vir n rukkie en dan net so gou verby.Toe ek terug klim op die skip en dit reen nog toe besluit ek die  bed gaan dalk n lekker plek wees vir n rukkie.Op die hawe is daar ook n zipline wat oor die koraal strek van een kant van die hawe tot by n huis langs die kuslyn.Vandag was die eerste keer dat ek mense gesien het wat op dit ry en dink moet vreeslik lekker wees.Aandete was weer om n groot tafel met  n klomp van die crew  wat gesels dat dit bars, regtig n oulike klomp mense .Lyk my die verskillende skepe het ook maar elkeen sy eie vibe, hierso baie rustig en ontspanne.Nou ja klaar geeet maar dink tog ons gaan op dek 11 n draai maak vir Liefie se crepe en my koppie tee!!More is dit weer Belize en Liefie af.

25 Feb 2015: Belize City

This morning the water around Belize was this beautiful turquoise colour ,so looked forward to good day.On my way to breakfast I came across a new group of crew that were going through there safety training practical in the swimming pool.Must admid don’t know if I would make the cut because they have to swim to a raft that is upside down, climb up it and turn it over.Took a few pics to show you,lyk nie na speletjies nie but they had good laughs, so looked like fun.We only left the ship very late for we have to wait for all the passengers to get off first before the crew can get off. First we walked around a new part of town and walked down a small alley with a beautiful old house, was all locked up and you could see nobody at home for some time, wondered who lived there and why it was all boltered down.Would not mind getting a house like that and fixing it up to its old glory.Then we spent the rest of the day in our spot at the pool,lazing around.Glad hubby could get off, for he had been on the ship for the last 7 days without getting off and might get cabin fever!!!! He can’t wait to go home, counting the days.On our way back to the terminal stopped to by soap, can’t believe I have run out again! Next trip I will have to fill the shoes and socks with soap.Amasing how snoep and carefull you are when using anything here, like shampoo and toothpaste and at home you gooi and don’t think twice!! In the officers mess we order the food from a menue and I have tried to be brave and daring, trying something new everynight, so far so good! Enjoying it while I can for I will be the cook, soon enough.This afternoon I tried a Thia noodle dish that was delicious.Tomorrow we are in Costa Maya.

26 Feb 2015 Costa Maya:

Vanoggend aangekom in Costa Maya en alweer n see wat omgekrap lyk, baie choppy.Dink is n gedoende vir die kaptein hulle om die skip gedok te kry met so n see,bloedsweet.Het hoeka in Roatan hawe op die dek gesit toe die kaptein verby kom in sy gym klere en met n pet op sy kop,dink dis ook maar om homself te verbloem,ook maar mens en ook tyd nodig vir vars lug en aftyd.Lyk my hy en die staff kaptein wissel mekaar af, een van hulle moet altyd op die skip wees.Vanoggend alleen afgeklim en eers rondgeloop en toe my weer langs die dolfyne poel gaan neervly!!Lyk my, my grootste tydverdryf hierso is mense bekyk,amazing om te sien hoe die mense met die dolfyne interaksie het,hoe vinnig hulle kan versnel en op hul rug le sodat die mense aan hulle maag kan vryf en dan weer aan hulle vinne vashou vir n trek deur die water en al die toertjies te sien wat die instukteurs vir hulle al geleer het en dit alles vir n belonging met kos.Opgegee om hulle te probeer afneem terwyl hulle deur die lug trek ,te vinnig vir my en my kamera en ek te stadig.Op die strand het ek n iguano as maat gehad, so regte ou lui meneertjie wat die son baie geniet het en lyk my streetwise is!! Toegelaat dat ek van hom fotos neem en nie eers geroer nie, net sy oog oopgemaak,en bly le.More is ons weer in Cozumel en weer bespreek vir snorkel excursion ,besluit as dit nie die keer gebeur nie dan is dit dalk n teken! Los maar,hou maar duim vas want wil dit vreeslike graag doen.Liefie wil he ons moet saam die scuba kurses doen en ek skrikkerig maar wie weet dalk gaan ek probeer dan kan ons dit saam doen. So tot more .

27 Feb 2015 Cozumel:
Vanoggend wakker geword en heel eerste by porthole uitgeloer  want ons het weereens bespreek vir die snorkel excursion en die weer lyk alweer nie lekker nie!!!!  besluit gaan n kans vat en hoop vir die beste,gelukkig net reenerig maar geen wind.Oppad na die pier verby n crew member gestap wat op een van die fietsies wat die mexikaners die toeriste na en van die skip aanry gekry  en gedink die stomme man seker al gatvol vir passasiers bedien en besluit vandag gaan ek bietjie bedien word!!! By ons bymekaar kom plek aangekom en dit sous behoorlik,almal staan druipstert rond en hoop nogsteeds ons gaan,lyk soos natgereende hoendertjies.Gelukkig vir ons kom en gaan die reen en die toergids besluit ons kan nogsteed gaan snorkel want gaan mos inelkgeval nat word en wees tydens ons toer!!! Met groot oe terug skip se kant toe en toe op n kleiner boot geklim wat ons na die verskillende snorkel areas toe sou vat.Ek bitter bly oor die leer wat agter op die boot is vir opklim nadat jy gesnorkel het want met die 2 armpies gaan ek nie myself opgetrek kry niie!! Toe ons uit die hawe ry het ons gelukkig ons swemklere aan en daar begin dit weer sous en eintlik amazing om so in gietende reen te sit en jy oppad na n diep see swem sessie!!  Ons instrukteur het toe alles  vir ons verduidelik en wat die duik tekens met die hand is nl, vir alles ok, help in die moeilikheid, 1 hand op die kop met 4 vingers in die lug=1 Dolfyn,altwee hande op die kop met 4 vingers= 2 dolfyne, indien jy HAAI sien, dan doen jy die Mexikaanse teken= op, af,links en regs en bid!!.Gelukkig nie haai wereld nie so sommer beter gevoel voor ek spring!Ons almal toegerus met ons flippers ,snorkel en bril en toe is dit hou vas en spring van die boot af.Amazing om in die helder turquoise water  in te spring en Liefie wou dit nog elke keer doen vandat hy in Cozumel is. Ek kon nie genoeg kry van die pragtige visse en koraal nie, staan dan net weer verwonderd aan die skepping en hoe mooi dit is.Alles perfek geskape met die mooiste mooiste kleure.Ongelooflike gevoel as jy so tussen al die honderde vissse is en jy kan amper aan hulle vat.Daar was glo ook n eel maar ek het dit gemis,hy maar skaam en weggekruip onder n klip.Is na 3 verskillende reefs en was vir my te lekker om so van agter die boot in die mooi water te spring.Dink my volgende belegging is n onder water kamera ,wens ek kon ons belewenis met julle deel,die een ou het fotos van ons geneem maar net te duur.Toe is dit tyd vir terug hawe toe ,lekker koeldrank aan boord gekry en  n pakkie chips wat ons verorber het want teen die tyd honger!Ek soooo dankbaar ons kon dit doen want was vir my n ongelooflike ondervinding en dink tog gaan dalk wel my begewe in die duik kurses.Toe is dit eers weer rondloop in Cozumel voor ons terug is skip toe,ek het agtergebly om nog in die winkels rond te loop want nog nie genoeg gehad nie en Liefie was reg vir n siesta op sy af dag.Net voor dit tyd was vir ons skip om te vertrek staan ek op dek 6 vir die sailaway uit Cozumel en sien hoe n man hardloop dat dit bars en ek besef, hy natuurlik laat vir ons skip en was amper of hy is agtergelaat en moet op eie stoom in Tampa uitkom.Die Epic was weer langs ons gedok en was  besig met hulle sailaway partytji en gedans op die kaai.Daar was hierdie ouerige man wat omtrent gedans en homself geniet het en jy kon sien, hy kan maar, ek geniet dit so om vir hulle te kyk en elke week iets anders en iets nuut aan die gang,het n video van die oom geneem om te wys.Die dag het begin in gietende reen met tye en onweerswolke wat laag hang maar was n ongelooflike dag en ervaring.Volgende week is dit die tyd, amper tyd vir afklim en ek hoor daar is wraggies nog n koue winterstorm oppad New York se kant toe!!!!Tot more mooi bly.